Forum Nuus: AfriForum-buurtwaglede voltooi gevorderde veiligheidsopleiding 18-09-2023

AfriForum het pas sy negende protospanopleidingskursus in Orania aangebied. 26 buurtwagvrywilligers van die organisasie het dié gespesialiseerde opleiding voltooi wat hand-tot-hand-gevegskuns, mediese opleiding, die beveiliging van tonele en taktiese vuurwapenhantering insluit. AfriForum het tot op hede 160 protospanlede opgelei wat hul onderskeie buurtwagte versterk. AfriForum-protospanne landwyd behaal byna weekliks suksesse en die protospan in Brits het onlangs gehelp om plaasaanvallers in samewerking met die SAPD vas te trek. Die studente was dit eens dat hierdie opleiding hulle baie in hul onderskeie dorpe gaan help met misdaadverwante voorvalle en dat dit uiters noodsaaklik is om hulself en hul gemeenskappe se veiligheid te prioritiseer.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.