Forum Nuus: Gesamentlike landbouprojek lewer goeie oeste 28-01-2026

Die opkomende boerdery van die Bahurutshe Ba Ga Moiloa-stigting in die Mafikeng-distrik het pas begin om hul tweede oes van verskeie soorte groente van die lande af te haal. AfriForum het reeds verlede jaar die stigting bygestaan met die installasie van ’n sonkraggedrewe drupbesproeiingstelsel op hul plaas Jagersfontein om die boerdery se produktiwiteit, volhoubaarheid en winsgewendheid te verbeter. Die aanvraag na dié stigting se oeste groei steeds en plaaslike winkels en smouse het reeds aangedui dat hulle nog produkte by die stigting wil koop.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.