SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: privaatvervolgingseenheid verwelkom skuldigbevinding van ouers wat baba mishandel
0
03:51

Forum Nuus: privaatvervolgingseenheid verwelkom skuldigbevinding van ouers wat baba mishandel

Danksy die ingryping van AfriForum se privaatvervolgingseenheid is ’n ouerpaar van Pretoria vandag in die Hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en kinderverwaarlosing nadat hulle hul baba sedert die ouderdom van vyf weke in Maart tot Julie 2020 mishandel het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het ingevolge […]
Forum Nuus: Quo Vadis
0
02:27

Forum Nuus: Quo Vadis

Is daar ’n toekoms vir Afrikaners? In die laaste Quo Vadis-gespreksreeks gesels Ernst Roets met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging en Barend Uys, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, oor die maniere waarop Afrikaners kan help bou aan ’n blink toekoms.
Forum Nuus: R500 000 boete dalk Malema se voorland in haatspraaksaak
0
02:57

Forum Nuus: R500 000 boete dalk Malema se voorland in haatspraaksaak

Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, meen daar is ’n sterk saak teen Julius Malema en die EFF oor die sing van die liedjie Kill the Boer. Malema sien niks daarmee verkeerd as mense dit sing nie, terwyl AfriForum meen dit is haatspraak en moedig geweld aan. Malema kan met R500 000 […]
Forum Nuus: Reitz-vullisterrein weer toeganklik ná AfriForum ingryp 08-06-2022
0
02:22

Forum Nuus: Reitz-vullisterrein weer toeganklik ná AfriForum ingryp 08-06-2022

AfriForum se Reitz-tak het ’n privaat kontrakteur gebruik om die vullisterrein van dié dorp meer toeganklik te maak nadat die Nketoana Plaaslike Munisipaliteit nie op ’n aanmaningsbrief gereageer het nie. Die terrein is vanaf die teerpad tot waar mense hul vullis moet stort, skoongemaak. Hierdie vullisterrein voldoen, soos baie ander terreine in die land, nie […]
Forum Nuus: Reuseletters vir ’n reuseverjaarsdagfees 30-04-2025
0
03:09

Forum Nuus: Reuseletters vir ’n reuseverjaarsdagfees 30-04-2025

Nege reuseletters – wat die woord “Afrikaans” uitspel – reis van Donderdag 1 Mei saam met ’n span van die Solidariteit Beweging na die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl vir Afrikaans Amptelik 100 se feesvieringe wat op 8 Mei begin. Die letters is sowat 2 m hoog en weeg altesaam 720 kg. Die Afrikaans Amptelik […]
Forum Nuus: Reuseoptog teen plaasmoorde gehou 25-10-2022
0
03:32

Forum Nuus: Reuseoptog teen plaasmoorde gehou 25-10-2022

Honderde boere en ondersteuners teen plaasmoorde en –aanvalle het met plaasbakkies, trekkers, stropers en ander plaasimplemente aan ’n massa-optog in Roedtan deelgeneem waar die vermeende aanvallers van Nicky Janse van Rensburg in die hof verskyn het. Die boere se boodskap was duidelik: Genoeg is genoeg.
Forum Nuus: Richardsbaai-tak gryp in om skole gereeld te ontsmet
0
01:51

Forum Nuus: Richardsbaai-tak gryp in om skole gereeld te ontsmet

AfriForum se Richardsbaai-tak het verlede jaar skolehulppakkette aan verskeie skole in hul omgewing, insluitend Little Musketeers, gegee, maar daar het ’n groter behoefte rondom die ontsmetting van skole ontstaan. Die tak en plaaslike gemeenskap het toe hande gevat en sedertdien werk tak- en gemeenskapslede in skofte saam om skoolterreine op ’n gereelde basis te ontsmet. […]
Forum Nuus: Rioolkrisis in Hertzogville-strate: AfriForum kla bestuurder aan 06-05-2022
0
01:09

Forum Nuus: Rioolkrisis in Hertzogville-strate: AfriForum kla bestuurder aan 06-05-2022

Die rioolprobleem in Hertzogville (Tokologo Plaaslike Munisipaliteit) in die Vrystaat is onhoudbaar. ’n Gedeelte van Gerhardus Dreyer, wat net buite die dorp boer, se grond is letterlik oorstroom deur riool. Hy moes reeds van sy vee verkoop weens die haglike situasie. Swaar reën die afgelope tyd het sy probleem vererger. Die rioolwerke in die dorp […]
Forum Nuus: Rooimiere verwyder betreders van Maserumule-plaas
0
01:11

Forum Nuus: Rooimiere verwyder betreders van Maserumule-plaas

Die betreders wat onlangs dr. Motodi Maserumule, ʼn uitvoerende direkteur van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se grond in die noorde van Pretoria beset en probeer verkoop het, asook alle strukture wat deur hulle opgerig is, is vanoggend deur die balju vanaf Maserumule se grond verwyder met bystand deur die Rooimiere en die SAPD.
Forum Nuus: SA se vullisterreine in haglike toestand 30-07-2024
0
03:34

Forum Nuus: SA se vullisterreine in haglike toestand 30-07-2024

AfriForum het vandag sy jaarlikse vullisterreinouditverslag by die munisipale vullisterrein in Bethal bekendgestel. Hierdie verslag skets ’n haglike prentjie wat vullisbestuur in die land betref. Uit die 189 vullisterreine wat AfriForum-takke landwyd geoudit het, het slegs 27 (14,3%) aan 80% of meer van die ouditvereistes voldoen. AfriForum onderneem jaarliks hierdie oudits omdat geen ander data […]
Forum Nuus: Saak uitgestel teen man wat glo sy vrou vermoor 21-07-2022
0
03:32

Forum Nuus: Saak uitgestel teen man wat glo sy vrou vermoor 21-07-2022

Die saak teen Dieter Bergs wat na bewering sy vrou, Genèe Bergs, vermoor het, is vandag weer in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg uitgestel. Genèe se dogter het AfriForum se privaatvervolgingseenheid in 2019 genader nadat die Nasionale Vervolgingsgesag versuim het om Dieter te vervolg. Die privaatvervolgingseenheid tree ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag in dié saak op wat […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
03:00

Forum Nuus: Sê nou NEE vir omstrede Bela-wet! 22-02-2023

Die bedreiging wat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (ook bekend as die Bela-wet) vir onderwys, en veral Afrikaanse onderwys inhou, duur steeds voort. In 2022 het ’n oorweldigende meerderheid individue en instellings met skriftelike kommentaar standpunt teen die inhoud daarvan ingeneem. Instellings het ook geleentheid gehad om op uitnodiging voorleggings aan die parlementêre portefeuljekomitee te […]
Forum Nuus: Skole herwin reeds tonne vir AfriForum se Blink of Stink-kompetsie
0
04:07

Forum Nuus: Skole herwin reeds tonne vir AfriForum se Blink of Stink-kompetsie

Vyf laerskole in Potchefstroom en Rustenburg spook tans sake uit in AfriForum se Blink of Stink-herwinningskompetisie. Forum Nuus het by die huidige voorlopers Laerskool M.L. Fick gaan inloer om te sien hoe herwinning by hierdie skool aangepak word. Deelnemende skole het tot 16 Oktober om soveel moontlik te herwin waarna die wenskool met R30 000 […]
Forum Nuus: Skryf nou in vir Entrepreneur van die Jaar-kompetisie
0
05:12

Forum Nuus: Skryf nou in vir Entrepreneur van die Jaar-kompetisie

Dinamiese entrepreneurs met winsgewende ondernemings wat al langer as 1 000 dae, maar minder as 10 jaar lank, sake in Afrikaans doen kan nóú inskryf vir AfriForum se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie. Groot pryse is op die spel. Volg hierdie skakel om meer uit te vind.
Forum Nuus: Skryf nóú in vir gesogte Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 21/06/2024
0
03:05

Forum Nuus: Skryf nóú in vir gesogte Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 21/06/2024

AfriForum Sakenetwerk het gister hul jaarlikse Entrepreneur van die Jaar-kompetisie afgeskop. Inskrywings vir hierdie kompetisie, wat in samewerking met Akademia aangebied word, is reeds oop en sluit op 29 Julie. Die wenner van vanjaar se kompetisie stap weg met R50 000 kontant, asook ’n mediapakket van Maroela Media ook ter waarde van R50 000. Die […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
03:00

Forum Nuus: Skryf nou in vir Orania se volksliedkompetisie 17-04-2023

Die Orania Kunsteraad (OKeR) het ’n kompetisie van stapel gestuur in die soeke na ’n volkslied vir dié Afrikaner-tuiste. Die eerste deel van die kompetisie is die skryf van die lirieke van die lied en dit sluit op 1 Mei. Digters, skrywers, taalliefhebbers en mense met ’n passie vir Afrikaans word aangemoedig om ’n lied […]
Forum Nuus: Skrywer koester geskiedkundige skatte in sy plaasmuseum
0
03:14

Forum Nuus: Skrywer koester geskiedkundige skatte in sy plaasmuseum

“As iemand nie meer iets wil hê nie, dan gee hulle dit vir my.” Dit is die 73-jarige skrywer, reisiger, amateur-historikus en versamelaar, Nico Moolman, se antwoord op hoe hy ’n museum op sy oudag geopen het, en dít nog buite ’n klein plattelandse dorpie in KwaZulu-Natal. Vandag woon hy en sy vrou, Naomi, op […]
Forum Nuus: Skrywer lê uitbuiting van Afrika en sy mense vernuftig bloot in nuwe boek
0
04:10

Forum Nuus: Skrywer lê uitbuiting van Afrika en sy mense vernuftig bloot in nuwe boek

Geweld, misdaad, korrupsie en die verval van die regstelsel is werklikhede waarmee Suid-Afrikaners daagliks gekonfronteer word. Hierdie werklikhede is dikwels egter ook die gevolg van opportunistiese buitelandse moonthede en maatskappye, wat saam met sekere politici, die land, maar ook die res van die kontinent, gewetenloos vir hul eie voordeel stroop en uitbuit. Dibi Breytenbach, ’n […]
Forum Nuus: Skuts skiet pryse ter waarde van byna R600 000 los by Skerpskutskietdag 6-5-2024
0
04:19

Forum Nuus: Skuts skiet pryse ter waarde van byna R600 000 los by Skerpskutskietdag 6-5-2024

Forum Sekuriteit, AfriForum se privaat sekuriteitsmaatskappy, se eerste Skerpskutskietdag, wat Saterdag in Pretoria gehou is, was ’n groot sukses. Meer as 600 kaartjies is vir die dag verkoop en skuts kon beïndruk met hul vernuf op die skietbane. Verskeie invoerders en rolspelers in die veiligheidsbedryf het hul ware uitgestal en gedemonstreer. Die AfriForum-veiligheidstudietrust, wat deur […]
Forum Nuus: Slagoffer kry hulp by AfriForum se privaatvervolgingseenheid ná onbehoorlike inmenging
0
01:50

Forum Nuus: Slagoffer kry hulp by AfriForum se privaatvervolgingseenheid ná onbehoorlike inmenging

AfriForum se privaatvervolgingseenheid gaan Zander Oosthuizen bystaan in die aanrandingsaak teen Oupa Chembe. Hy het na bewering verlede jaar by die Key West-winkelsentrum ’n duik in Oosthuizen se kar geskop en hom daarna aangerand. Oosthuizen en twee van sy vriende was nog in skoolklere toe die insident plaasgevind het. Kommer oor onbehoorlike inmenging het daartoe […]