AfriForum se Reitz-tak het ’n privaat kontrakteur gebruik om die vullisterrein van dié dorp meer toeganklik te maak nadat die Nketoana Plaaslike Munisipaliteit nie op ’n aanmaningsbrief gereageer het nie. Die terrein is vanaf die teerpad tot waar mense hul vullis moet stort, skoongemaak. Hierdie vullisterrein voldoen, soos baie ander terreine in die land, nie aan die nasionale standaarde nie en is ’n groot veiligheids- en gesondheidsrisiko aangesien mediese en diereafval hier gestort word.
