AfriForum se Richardsbaai-tak het verlede jaar skolehulppakkette aan verskeie skole in hul omgewing, insluitend Little Musketeers, gegee, maar daar het ’n groter behoefte rondom die ontsmetting van skole ontstaan. Die tak en plaaslike gemeenskap het toe hande gevat en sedertdien werk tak- en gemeenskapslede in skofte saam om skoolterreine op ’n gereelde basis te ontsmet. “As dit nie vir AfriForum was nie dink ek sou ’n hele paar skole in ons gebied nog meer gesukkel het. Ons is so dankbaar vir die gemeenskap en organisasie se hulp,” sê Van Eck.
