Forum Nuus: Skryf nou in vir Orania se volksliedkompetisie 17-04-2023

Die Orania Kunsteraad (OKeR) het ’n kompetisie van stapel gestuur in die soeke na ’n volkslied vir dié Afrikaner-tuiste. Die eerste deel van die kompetisie is die skryf van die lirieke van die lied en dit sluit op 1 Mei. Digters, skrywers, taalliefhebbers en mense met ’n passie vir Afrikaans word aangemoedig om ’n lied in te skryf. Volgens die OKeR-bestuur moet die lied geïnspireer wees deur die vryheidsideaal wat die Orania-gemeenskap nastreef en moet die skrywer ingelig wees oor Orania se kultuur en identiteit, asook hul strewe na vryheid en selfstandigheid. Die karakter van die gemeenskap moet ook in die lied weerspieël word. Liedjieskrywers kan ook aspekte soos Afrikaans, die Karoo-landskap en Christelike waardes in ag neem wanneer hulle die pen opneem. Besoek www.volkslied.co.za vir meer inligting of om in te skryf.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.