’n Groep beswaarde studente, wat lede van AfriForum Jeug is, het vandag na die Universiteit van Pretoria (UP) opgeruk om hul misnoeë te kenne te gee dat rasseklassifikasie steeds hier gebruik word. Rasseklassifikasie word onder meer gebruik om te bepaal hoeveel studente uit elke rassegroep keuring vir sekere studierigtings kry of hoeveel van hulle in koshuise kan bly. AfriForum Jeug het ’n aansoek ingedien wat alle openbare universiteite verplig om hierdie inligting bekend te maak.
