Vyf laerskole in Potchefstroom en Rustenburg spook tans sake uit in AfriForum se Blink of Stink-herwinningskompetisie. Forum Nuus het by die huidige voorlopers Laerskool M.L. Fick gaan inloer om te sien hoe herwinning by hierdie skool aangepak word. Deelnemende skole het tot 16 Oktober om soveel moontlik te herwin waarna die wenskool met R30 000 gaan wegstap.
