Munisipale verval in Suid-Afrika is nie meer nuus nie, maar AfriForum se takke in die Mooirivierstreek, wat Ventersdorp, Potchefstroom, Stilfontein, Klerksdorp, Wolmaransstad, Bothaville, Viljoenskroon, Parys, Sasolburg en Heilbron insluit, is op ’n daaglikse basis besig om deur volhoubare projekte ’n verskil te maak. Daar word onder meer slaggate herstel, gras gesny en skoongemaak waar munisipale dienste te kort skiet. “Ek wil mense aanmoedig om by AfriForum aan te sluit, want saam is ons sterker,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikkoördineerder vir Mooirivierstreek.
