Wanneer AfriForum se tak in Potchefstroom nie besig is om parke en monumente skoon te maak nie, is hulle besig om saam met die buurtwag hul woonbuurte te beveilig. “Die munisipaliteit kom nie by alles uit nie en ons probeer help waar ons kan,” sê Piet Theron, waarnemende AfriForum-takvoorsitter in Potchefstroom.
