Al het Wolmaransstad van dié slegste paaie in die land, kry dit nie die AfriForum-tak in die dorp onder nie. Die tak probeer moedig om munisipale verval teen te werk sodat die dorp se infrastruktuur en algehele beeld nie geheel en al in die slag bly nie. Die tak het hulle eie toerusting aangekoop sodat sypaadjies en oop velde se gras gesny kan word. Christo Smit, voorsitter van AfriForum se Wolmaransstad-tak, wil gemeenskapslede aanmoedig om by die tak betrokke te raak sodat inwoners saam kan werk om die dorp te verbeter.
