AfriForum se Parys-tak werk hard om die munisipale probleme wat dié dorp het, uit die weg te ruim. Dié tak fokus veral daarop om die baie slaggate te vul en stoptekens te vervang. Die buurtwag ry ook gereeld patrollies om inwoners en infrastruktuur te help beskerm.
