Forum Nuus: AfriForum se Viljoenskroon-tak wil dorp regruk 21/06/2022

’n AfriForum-tak is vroeër vanjaar in Viljoenskroon gestig nadat inwoners besluit het dat hulle eienaarskap van die dorp gaan moet neem en self moet inspring om die dorp op te knap. Dié tak het reeds saam met inwoners slaggate gevul en padtekens geverf.

“Ons sal self ’n daadwerklike verskil moet maak. Al begin jy net by jou eie sypaadjie en tuin, asook voor jou in die pad. As jy dit begin doen, kan ons vir mekaar sê ons doen dit saam,” sê Boet Wienand, voorsitter van AfriForum se Viljoenskroon-tak.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.