Die AfriForum Sakenetwerk se Paarl-tak het onlangs ’n sakeontbyt aangebied waartydens gassprekers, insluitend adv. Gerrie Nel van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, gesels het oor die talle veiligheidsuitdagings wat ondernemings trotseer en stappe wat gedoen kan word om meer bestand daarteen te wees.
