SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
05:19

Forum Nuus: Gesoute joernaliste praat oor uitdagings in die Afrikaanse media-omgewing 14-04-2023

Daar is talle uitdagings én geleenthede in die hedendaagse Afrikaanse media-omgewing. Gesoute joernaliste het dit vandeesweek by ’n joernalistieksimposium van Akademia beaam en aan die hand van persoonlike ervarings ook vertel hoe die bedryf vandag daar uitsien. Ondanks die talle uitdagings, wat wissel van min hulpbronne, finansiële druk, die verkleining en verjonging in nuuskantore, beskryf […]
Forum Nuus: Goeie samewerking bevorder veiligheid 24-08-2024
0
04:39

Forum Nuus: Goeie samewerking bevorder veiligheid 24-08-2024

AfriForum het vandag sy veiligheidsbloudrukplan aan taklede by die organisasie se nasionale kongres buite Bela-Bela bekendgestel. Samewerkingsooreenkomste is reeds met die Kaapstad- en Tshwane-metro onderteken om samewerking in verskeie sfere te bevorder. Die reusetekort aan polisielede en ander uitdagings veroorsaak dat gemeenskapslede toenemend moet ingryp om hul eie en hul gemeenskappe se veiligheid te verseker. […]
Forum Nuus: Hardloop vir Hoop aangebied ten bate van AfriForum se Traumaeenheid 21-09-2023
0
04:29

Forum Nuus: Hardloop vir Hoop aangebied ten bate van AfriForum se Traumaeenheid 21-09-2023

AfriForum Sport se Hardloop vir Hoop-pretloop word vanjaar op 28 Oktober by die Vredenheim Wynplaas in Stellenbosch aangebied. Fondse wat op die dag ingesamel word, is ten bate van die AfriForum Traumaeenheid se slagofferfonds. Hierdie fonds word aangewend om slagoffers van veral plaasaanvalle te help. Kom hardloop of stap rustig saam en geniet die dag […]
Forum Nuus: Hardloop vir Hoop vir AfriForum-traumaeenheid reusesukses 30-10-2023
0
02:52

Forum Nuus: Hardloop vir Hoop vir AfriForum-traumaeenheid reusesukses 30-10-2023

Die AfriForum-traumaeenheid se Hardloop vir Hoop is die afgelope naweek in Stellenbosch by die Vredenheim-wynplaas gehou. Meer as 200 mense het aan die 5 km- en 10 km-wedlope deelgeneem. Stalletjies en musiek het ’n heerlike atmosfeer geskep vir die gesinne wat daar was. Fondse wat ingesamel is, sal ten bate van die traumaeenheid se slagofferfonds […]
Forum Nuus: Helpmekaar en Affies Meisies dink flink tydens eindstryd van Dink of Sink 10-10-2022
0
03:43

Forum Nuus: Helpmekaar en Affies Meisies dink flink tydens eindstryd van Dink of Sink 10-10-2022

Die nasionale eindstryd van die Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie het die afgelope naweek in Centurion plaasgevind. Deelnemers van skole regoor die land het vroeër vanjaar in rekordgetalle ingeskryf vir die streeksuitdunne sodat die vier beste junior en senior spanne mekaar die stryd kon aansê. Helpmekaar Kollege het in die junior kategorie getriomfeer en Afrikaanse […]
Forum Nuus: Herdenkingsgeleentheid bevorder verhouding tussen Afrikaners en Zoeloes 21-10-2024
0
03:27

Forum Nuus: Herdenkingsgeleentheid bevorder verhouding tussen Afrikaners en Zoeloes 21-10-2024

AfriForum en die KwaZulu-Natal Amafa- en Navorsingsinstituut het Vrydag ’n herdenkingsgeleentheid op die plaas Rietfontein (KwaThengisangaye) buite Middelburg, Mpumalanga, gehou ter nagedagtenis aan die voormalige Zoeloekoning koning Dinuzulu (1868-1913). Tydens die herdenking is die geskiedenis van koning Dinuzulu en die goeie verhoudinge wat hy met Afrikaners gehad het, in herinnering geroep. Een van die merkwaardigste […]
Forum Nuus: Hoender-projek gee interkulturele vennootskap vlerke
0
02:43

Forum Nuus: Hoender-projek gee interkulturele vennootskap vlerke

AfriForum en die Batlharo Boo Tokwana Ba Ga Masibi-kultuurgemeenskap wes van Mahikeng in Noordwes het verlede week ’n gesamentlike lêhoender-projek van stapel gestuur. Hierdie projek is daarop gemik om ’n meer selfstandige gemeenskap te bou en ’n volhoubare inkomste te genereer.
Forum Nuus: Hof beslis matriekuitslae moet bekendgemaak word
0
03:28

Forum Nuus: Hof beslis matriekuitslae moet bekendgemaak word

Willie Spies van Hurter Spies Ing. sê vandag se uitspraak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het oor veel meer gegaan as net toegang tot matriekuitslae. “Ons leef in ’n samelewing waar daar ’n wedywering van idees is. Aan die een kant gaan dit daaroor om die burgerlike samelewing sterk te maak, om ’n sterk […]
Forum Nuus: Inspirerende Barolong Boo Seleka-leier vereer met nuwe grafsteen 11-07-2024
0
03:07

Forum Nuus: Inspirerende Barolong Boo Seleka-leier vereer met nuwe grafsteen 11-07-2024

Kgosi Tshipinare Moroka, die laaste leier van Thaba’Nchu as ’n onafhanklike staat, is met ’n nuwe grafsteen vereer in ’n gesamentlike erfenisprojek van die Barolong Boo Seleka-koninkryk en AfriForum. Kgosi Moroka is 140 jaar gelede vermoor. Hy was geken as ’n inspirerende leier wat noue bande met die Voortrekkers en die Vrystaatse Republiek gevorm het.
Forum Nuus: Internskap 2019
0
01:17

Forum Nuus: Internskap 2019

Die burgerregte-organisasie AfriForum se internskapprogram vir studente en jong werkendes van verskeie AfriForum Jeug-takke het vandeesweek amptelik afgeskop. Ses jongmense neem vanjaar aan dié program, wat sedert 2014 deur AfriForum aangebied word, deel. Volgens Marike van As, opleidingsbeampte van AfriForum Jeug, het die internskap ten doel om ʼn verrykende ervaring te wees wat studente blootstel aan die verskillende bedrywighede van dié burgerregte-organisasie. Tydens die internskapprogram sal interns onder meer leer hoe AfriForum en die Solidariteit-beweging se strukture werk, die geleentheid kry om saam met AfriForum se provinsiale koördineerders selfdoenprojekte aan te pak, woordvoerderopleiding ontvang en leer oor erfenisbewaring.
Forum Nuus: Inwoners van Parys betoog oor water 23-05-2024
0
04:11

Forum Nuus: Inwoners van Parys betoog oor water 23-05-2024

AfriForum, Save Ngwathe, Metsi Pongpong en ontstoke gemeenskapslede van Parys, Tumahole en Schonkenville het vandag na die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se kantoor in Parys opgeruk oor dié munisipaliteit se onvermoë om skoon drinkwater aan inwoners te lewer. ’n Ingenieursverslag en ’n memorandum, waarin eise vir die dringende oplossing van die waterkrisis in Parys en die […]
Forum Nuus: Is vergaderings werklike konsultasieproses of bloot politieke rookskerm?
0
05:57

Forum Nuus: Is vergaderings werklike konsultasieproses of bloot politieke rookskerm?

Die openbare verhore oor of artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word, gee landsburgers die geleentheid om aan die grondwetlike proses deel te neem. Die vraag is egter of al die insette en voorstelle werklik deur die ANC-regering in ag geneem gaan word en of hierdie nie maar ’n oënskynlike konsultasieproses is om almal te sus nie. Forum Nuus het van die vergaderings bygewoon. Kyk die video hier.
Forum Nuus: Jaap Steyn leef voort in laaste boek
0
03:16

Forum Nuus: Jaap Steyn leef voort in laaste boek

So is onse mense is ’n versameling “herbesoeke” wat J.C. Steyn se vernuf as kultuurhistorikus, kampvegter vir Afrikaans en biograaf met ’n uitsonderlike fyn waarnemingsvermoë ten toon stel. Hierin stel Steyn onder meer ondersoek in na die laaste dramatiese dae van die Anglo-Boereoorlog; hy herontdek die lewe van J.D. Kestell; loop die pad tot by […]
Forum Nuus: Jannie du Toit vier mylpaal met spesiale optredes by die AfriForum Teater
0
02:35

Forum Nuus: Jannie du Toit vier mylpaal met spesiale optredes by die AfriForum Teater

Jannie du Toit (70), legendariese Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sanger, vier vanjaar ’n loopbaan van 50 jaar in die musiekbedryf. Hy is eerskomende Sondag, 5 September, in die AfriForum Teater in Pretoria om dié mylpaal saam met jarelange vriende en aanhangers plaaslik en regoor die wêreld te vier. Kaartjies kos R150 per persoon per vertoning (R120 […]
Forum Nuus: Jeugleiers ontvang opleiding tydens AfriForum Jeug-mentorskapprogram 14-07-2023
0
04:15

Forum Nuus: Jeugleiers ontvang opleiding tydens AfriForum Jeug-mentorskapprogram 14-07-2023

Agt jong leiers vanuit die Solidariteit Beweging se geledere het vandeesweek AfriForum Jeug se mentorskapprogram bygewoon. Hulle het teoretiese en praktiese opleiding ontvang in velde soos sosiale media, beplanning en projekbestuur. Hulle het ook saam met AfriForum se Centurion-tak ’n park skoongemaak en met hul herwinningsprojek gehelp. ’n Blink toekoms word vir dié jongmense in […]
Forum Nuus: Jong debatteerders beïndruk tydens Dink of Sink se nasionale finaal
0
04:22

Forum Nuus: Jong debatteerders beïndruk tydens Dink of Sink se nasionale finaal

Die Hoërskool Witteberg en Hoërskool Waterkloof is onderskeidelik as junior en senior wenners van vanjaar se nasionale finaal van die Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie aangewys. Deelnemers het oor ’n verskeidenheid onderwerpe binne die Suid-Afrikaanse konteks debat gevoer en hulle uitstekend van hul taak gekwyt.
Forum Nuus: Jongmense bou op hul erfenis
0
02:57

Forum Nuus: Jongmense bou op hul erfenis

Vandag (24 September) vier ons Erfenisdag. Die Afrikaner se erfenis, monumente en erfenisterreine word onder die ANC-regering bedreig en verwaarloos, maar al hoe meer jongmense staan op en is vuur en vlam om by die bewaring en beskerming van hul erfenis betrokke te raak. Hierdie jongmense is, in die woorde van oudpres. Paul Kruger, bereid […]
Forum Nuus: Kallie Kriel se Nuwejaarsboodskap vir 2023 12-01-2023
0
03:35

Forum Nuus: Kallie Kriel se Nuwejaarsboodskap vir 2023 12-01-2023

Aan die begin van 2023 is AfriForum slaggereed om die talle uitdagings in die land te pak en te doen wat ons kan doen om ’n beter toekoms te skep. Hoewel die verkrummeling en verval onder die sentralistiese ANC-regering ontstellend is, put ons hoop daaruit dat daar alternatiewe is en dat ons deur middel van […]