AfriForum en die Batlharo Boo Tokwana Ba Ga Masibi-kultuurgemeenskap wes van Mahikeng in Noordwes het verlede week ’n gesamentlike lêhoender-projek van stapel gestuur. Hierdie projek is daarop gemik om ’n meer selfstandige gemeenskap te bou en ’n volhoubare inkomste te genereer.
