Vandag (24 September) vier ons Erfenisdag. Die Afrikaner se erfenis, monumente en erfenisterreine word onder die ANC-regering bedreig en verwaarloos, maar al hoe meer jongmense staan op en is vuur en vlam om by die bewaring en beskerming van hul erfenis betrokke te raak. Hierdie jongmense is, in die woorde van oudpres. Paul Kruger, bereid om uit die verlede te neem wat goed is en die toekoms daarop te bou.
