Jannie du Toit (70), legendariese Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sanger, vier vanjaar ’n loopbaan van 50 jaar in die musiekbedryf. Hy is eerskomende Sondag, 5 September, in die AfriForum Teater in Pretoria om dié mylpaal saam met jarelange vriende en aanhangers plaaslik en regoor die wêreld te vier. Kaartjies kos R150 per persoon per vertoning (R120 vir pensioenarisse) vir teatergangers wat dit fisies bywoon. Die vertonings word ook regstreeks gestroom. Aanlyn kykers van die vertonings kan teen slegs R150 die hele dag se gebeure meemaak – waar jy jou ookal in die wêreld bevind.
Koop nou jou kaartjies hier: https://afriforumteater.co.za/gebeure/kunstefees-in-die-kleine/
