Forum Nuus: Akademia stel Fakulteit Opvoedkunde amptelik bekend
Vandag is Onderwysersdag internasionaal gevier. Om met dié viering saam te val het Akademia, die privaat hoëronderwysinstelling, sy Fakulteit Opvoedkunde amptelik bekendgestel. Prof. Irma Eloff, internasionaal bekende onderwyskundige en voormalige Dekaan van Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), was die gasspreker en het gewys op ’n raming in 2015 wat daarop gedui het dat […]



