Alhoewel dit belangrik is vir burgers om in vanjaar se verkiesing vir ’n opposisieparty te stem, is dit nie al wat gedoen kan word om die land reg te ruk nie, sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, in sy nuwejaarsboodskap. In 2024 gaan AfriForum voortbou op verlede jaar se suksesse en daar gaan nie vir die korrupte ANC-regering toestemming gevra word om ’n verskil te maak nie. Daar is ook baie ander organisasies wat gereed is om sterker en veiliger gemeenskappe te bou en volgens Kriel gee dit ’n mens rede tot hoop vir die toekoms.
