Die Gelofte: ’n Musiekblyspel het verlede jaar gehore in die AfriForum Teater bekoor. Johan Vorster en Jacomien de Wet, wat die musiek van Die Gelofte geskryf het, het nou weer saam met die skrywer en regisseur Jannes Erasmus ’n Afrikaanse musiekblyspel, Die Kaplyn, by dié teater op die planke gebring. Volgens Erasmus was daar baie versoeke om nog ’n geskiedkundige stuk in Afrikaans te skryf. Dis waar die idee gevorm het en vandag begin Die Kaplyn, wat ’n blik op die destydse Grensoorlog bied, in die AfriForum Teater. Kaartjies is by www.diekaplyn.com beskikbaar.
