Nostalgie30 Videos

Leoné Lauren (Lauren Copley) – Sien jou môre
1
02:55

Leoné Lauren (Lauren Copley) met Sien jou môre

>Lauren Copley is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ‘n florerende loopbaan as ‘n tiener in die 1970s gehad het. Sy het reeds op die ouderdom van 11 haar eerste album vrygestel, as Leoné Lauren, en het daarna verskeie treffers gehad met haar vrystellings op solus sewe. Hiervoor het sy twee Goue Plaat-toekennings ontvang, en het ook in 1973 Suid-Afrika by die Tokio Musiekfees in Japan verteenwoordig toe sy slegs 15 jaar oud was.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 13  – Die peroxide-tert
0
26:03

SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 13 – Die peroxide-tert

Sherridon kry sy "parabat badge" en Frik begaan 'n foutjie met Ruben se melk. Pelvic word in die bad betrap met Tiffany. Sy probeer ook vir Frik en Worsie verlei. Worsie val daarvoor en kry boonop 'n fooitjie. Tiffany se donker geheim word ontbloot en Pelvic en Boeboe maak vrede.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 12 – Verbode Vrugte
0
26:02

SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 12 – Verbode Vrugte

Ella gaan maak ongenooid Worsie se woonstel skoon en gooi sy teddiebeer uit. Dit veroorsaak dat Frik vir Ella uit die winkel jaag. Ella vra die dominee om met Frik te gaan praat. Boeboe eindig op die dominee se skoot en gee ook sommer vir mevrou dominee bietjie raad om haar privaatlewe op te kikker.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9  – ‘n Nuwe vennoot
0
26:01

SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9 – ‘n Nuwe vennoot

Boeboe se vriend, Pelvic, kraak sy pelvis en Sherridon se niggie moet in die Vetkoekpaleis kom help. Mnr. Louw, die skoolhoof, bied Frik 'n goeie bedrag aan vir 'n vennootsjkap in die Vetkoekpaleis. Die personeel kom egter nie oor die weg met die nuwe vennoot nie en dit lei tot 'n vuisgeveg in die Vetkoekpaleis.
0
23:33

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 13 – Poppie is Op Pad

Poppie se werk stuur haar op 'n kursus na Durban. Frik is nie baie gelukkig wanneer hy uitvind dat sy die enigste vrou op die bus sal wees nie en koop vir haar 'n vliegtuigkaartjie. 'n Meisie wat saam met Worsie op skool was maak haar verskyning op die dorp en sy ma wil hê hy moet hom oor haar ontferm.
0
24:00

SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 4 – Poppie se poppedans

Besigheid is traag en Frikkadel en sy mense vind uit dat Spiros 'n belly-dancer gehuur het om besigheid te bevorder. Frikkadel besluit om ook 'n vertoning te reel. Groot is sy verbasing as die Lolita Queen, Queen of Love, 'n ou meisie van hom is. Veral as Poppie uitvind begin die "poppe dans"
0
24:01

SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 6 – Sakeman en Sakeplan

Frikkadel reel met die Sun City busbestuurder dat hulle by Eugene se curio-winkel sal stop sodat die toeriste kan curios koop, by die Vetkoekpaleis sal eet, en by Tiger se garage volmaak waar die toeriste ook sommer 'n draai kan loop. Sake loop egter skeef wanneer hulle by Eugene se winkel eet, 'n draai loop by die Vetkoekpaleis en vir Tiger waai wanneer hulle verby ry.
0
24:00

SAUK TV Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 2, Koop of Omkoop

Koop of omkoopDie Vetkoekpaleis maak oop vir besigheid en Frikkadel beleef die probleme wat daarmee gepaard gaan. Hy word deur 'n "gesondheidsinspekteur" besoek. Frikkadel is so op sy senuwees dat hy 22 vetkoeke verniet weggee. Na druk van Worsie en Boeboe besluit hy dat besigheid volgens die boek maar die beste is.