Leoné Lauren (Lauren Copley) met Sien jou môre

Lauren Copley is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ‘n florerende loopbaan as ‘n tiener in die 1970s gehad het. Sy het reeds op die ouderdom van 11 haar eerste album vrygestel, as Leoné Lauren, en het daarna verskeie treffers gehad met haar vrystellings op solus sewe. Hiervoor het sy twee Goue Plaat-toekennings ontvang, en het ook in 1973 Suid-Afrika by die Tokio Musiekfees in Japan verteenwoordig toe sy slegs 15 jaar oud was.

Lauren het drie Suid-Afrikaanse Top 20 treffers gehad:
1. Flower of life – 1971, #11, 12 weke
2. It’s too late now – 1972, #2, 23 weke
3. Kentucky blues – 1973, #1, 19 weke

Sy kon egter nooit vrede maak met die druk om ‘n bekende kunstenaar te wees nie, asook nie met die gebrek aan privaatheid en kommersiële uitbuiting nie, en het op die ouderdom van 20 die vermaaklikheidswêreld vaarwel toegeroep.

Behalwe vir ‘n paar geïsoleerde optredes oor die jare, het sy hoofsaaklik die kalklig vermy, en het eers in 2015 op die toneel verskyn toe sy die CD “Chrysalis” vrygestel het. Dit bevat heropnames van haar treffers, asook goue oues van haar eie keuse uit 1970s en 1980s.

Lauren woon deesdae in Kaapstad.

Hierdie liedjie is in 1970 op solus sewe vrygestel.

BAIE DANKIE AAN ROY VD MERWE VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT!

(Visited 167 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: SAUK TV

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.