Forum Nuus: De Goede Hoop-koshuis hou opedag vir voornemende inwoners

De Goede Hoop-koshuis, ’n inisiatief van AfriForum, het Saterdag ’n opedag gehou om voornemende inwoners en hul ouers ’n voorsmakie van die studentelewe hier in Pretoria te gee. Die koshuis is op Afrikaanse en Christelike waardes geskoei en is ’n tuiste vir studente van regoor die land. Daar is tans studente van nege tersiêre instellings wat by De Goede Hoop bly. ’n Hoë premie word op veiligheid geplaas om studente ’n geleentheid te gee om die studentelewe in ’n veilige omgewing te geniet. Besoek www.degoedehoop.co.za om meer uit te vind.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.