Die Bosveld skud sy vere reg vir Bokkieweek 2026 op Mookgophong (Naboomspruit) en AfriForum se Groter Moot- en Centurion-buurtspanne het gaan help om dié dorp op te knap voor die land se hokkie-, rugby- en netbalspelers van 6 tot 11 Julie daarop toesak. Die buurtspanne het slaggate gevul, padmerkers oorgeverf en bome gesnoei ter voorbereiding van dié sportweek wat by Hoërskool Hans Strijdom gehou word. AfriForum is die trotse hoofborg van die Bokkieweek.
