SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: Goeie samewerking bevorder veiligheid 24-08-2024
0
04:39

Forum Nuus: Goeie samewerking bevorder veiligheid 24-08-2024

AfriForum het vandag sy veiligheidsbloudrukplan aan taklede by die organisasie se nasionale kongres buite Bela-Bela bekendgestel. Samewerkingsooreenkomste is reeds met die Kaapstad- en Tshwane-metro onderteken om samewerking in verskeie sfere te bevorder. Die reusetekort aan polisielede en ander uitdagings veroorsaak dat gemeenskapslede toenemend moet ingryp om hul eie en hul gemeenskappe se veiligheid te verseker. […]
Forum Nuus: Privaat kliniek in Diepsloot deel AfriForum se vrese oor NGV 29-01-2024
0
04:00

Forum Nuus: Privaat kliniek in Diepsloot deel AfriForum se vrese oor NGV 29-01-2024

Nasionale Gesondheidsversekering hou verskeie nadele in vir mediese dienste in die land en daarom het AfriForum in Diepsloot gaan kyk hoe lyk en werk bekostigbare privaat mediese sorg in ’n lae inkomste area. Tydens ’n besoek aan die Unjani-kliniek by die Diepsloot-winkelsentrum het die eienaar van dié kliniek gesels oor die dienste wat by hierdie […]
Forum Nuus: Voortrekkermonument open museumteater oor Afrikanergeskiedenis 11-07-2023
0
04:13

Forum Nuus: Voortrekkermonument open museumteater oor Afrikanergeskiedenis 11-07-2023

Die Voortrekkermonument (VTM) het onlangs ’n museumteater geopen wat fokus op die groot gebeure in die Afrikanergeskiedenis van 1902 tot nou. Hierdie tydperk in die geskiedenis word in 12 tonele vertel en is ’n verhaal van swaarkry, geloof, hoop en toekomsbou. Volgens Gerhard Pretorius, kommunikasiebestuurder by die VTM, is die Afrikaner weer eens op die […]
Forum Nuus: AfriForum se Kempton Park-tak pak verskeie gemeenskapsprojekte aan 26-07-2022
0
03:10

Forum Nuus: AfriForum se Kempton Park-tak pak verskeie gemeenskapsprojekte aan 26-07-2022

AfriForum se Kempton Park-tak is op verskeie gebiede bedrywig en het heelwat kameras opgerig wat deur beheerkamers gemoniteer word om veiligheid op te skerp. Die tak het ook ’n mobiele gesondheidsentrum met opgeleide, vrywillige mediese personeel wat basiese toetse kan doen en pasiënte na dokters kan verwys indien nodig. Hulle het vanjaar verskeie gemeenskapsprojekte aangepak […]
Forum Nuus: Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie in die Wes-Kaap afgeskop 08/04/2022
0
02:17

Forum Nuus: Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie in die Wes-Kaap afgeskop 08/04/2022

Vanjaar se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie het vandeesweek met ’n toer in die Wes-Kaap afgeskop. Twee splinternuwe kategorieë word vanjaar ingesluit vir entrepreneurs met ’n belangstelling in landbou en een vir entrepreneurs in die buiteland. “Ons en ons mediavennoot Pretoria FM is baie opgewonde oor vanjaar se kompetisie en nooi alle skoliere uit om in te skryf om […]
Orania meer as 500 bome ryker danksy AfriForum, Solidariteit en Helpende Hand
0
02:38

Orania meer as 500 bome ryker danksy AfriForum, Solidariteit en Helpende Hand

“Om ’n boom te plant is ’n geloofsdaad vir die toekoms. Wanneer jy ’n boom plant weet jy nie of jy self die skaduwee van die boom gaan geniet nie, maar jy het die vertroue dat jou kinders en kleinkinders dit wel gaan doen,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Kyk dié video om […]
Forum Nuus: AfriForum wys agterstand met bestuurslisensies kán ingehaal word 16-09-2025
0
01:18

Forum Nuus: AfriForum wys agterstand met bestuurslisensies kán ingehaal word 16-09-2025

AfriForum het vandag met ’n funksionerende lisensiekaartdrukker voor die hoofkantoor van die Departement van Vervoer in Pretoria demonstreer dat die druk van bestuurslisensiekaarte nie ’n duur, uitgerekte proses hoef te wees nie. Dié departement het slegs een werkende drukker wat oor die afgelope paar jaar herhaaldelik in die buiteland herstel moes word. Dit het nou […]
Forum Nuus: Is vergaderings werklike konsultasieproses of bloot politieke rookskerm?
0
05:57

Forum Nuus: Is vergaderings werklike konsultasieproses of bloot politieke rookskerm?

Die openbare verhore oor of artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word, gee landsburgers die geleentheid om aan die grondwetlike proses deel te neem. Die vraag is egter of al die insette en voorstelle werklik deur die ANC-regering in ag geneem gaan word en of hierdie nie maar ’n oënskynlike konsultasieproses is om almal te sus nie. Forum Nuus het van die vergaderings bygewoon. Kyk die video hier.
Suksesvolle entrepreneurs deel hul wenresep met AfriVriendelik
0
05:47

Suksesvolle entrepreneurs deel hul wenresep met AfriVriendelik

AfriForum se nuwe inisiatief AfriVriendelik, ʼn eenstopdiens vir alle entrepreneurs en sakeondernemings, het die afgelope week met entrepreneurs soos Hennie Lötter van die Kapoet Padstal, Kobus Galloway van Idees Vol Vrees en Johannita Eksteen en Anneke van Rooyen van Funky Ouma-speserye gesels om uit te vind wat die redes vir hul sukses is.
Forum Nuus: Weg met myn by Krugerwildtuin
0
02:26

Forum Nuus: Weg met myn by Krugerwildtuin

AfriForum gaan volstoom voort om die steenkoolmyn by die Krugerwildtuin teen te staan. Strafregtelike klagtes gaan ook binnekort ingedien word. Luister hier na die waarskuwings van ’n omgewingskenner indien met ontginning van steenkool in dié area in Mpumalanga voortgegaan word. Jy kan ook help. Steun ons veldtog by http://bit.ly/2JLQkHv.
DA aanvaar VF Plus se uitdaging om taalregte te debatteer
0
01:54

DA aanvaar VF Plus se uitdaging om taalregte te debatteer

Die DA het onlangs ’n versoek ontvang van die leier van die Vryheidsfront Plus (VF Plus), dr. Pieter Groenewald, om in debat te tree oor “Taalregte en die beskerming daarvan en in besonder die handhawing van Afrikaans”. Die DA het dr. Groenewald se uitnodiging aanvaar en dr. Annelie Lotriet, voorsitter van die DA in die Vrystaat, sal met hom debatteer oor taalregte – wanneer en waar ook al hy wil – met 100% vertroue in die DA se belofte om die regte van álle tale in Suid-Afrika te bevorder. Lees Maroela Media vir meer hieroor:
Gestremdes aan eie lot oorgelaat weens staking
0
00:12

Gestremdes aan eie lot oorgelaat weens staking

Die bestuur van San Michele-tehuis vir psigiatriese en gestremde pasiënte in Brakpan aan die Oos-Rand moet bontstaan om na nagenoeg 200 pasiënte om te sien sedert die meeste lede van die tehuis se personeel begin staak het. (Video: Solidariteit Helpende Hand)
Mpumalanga se rondloperleeu gevind
0
00:24

Mpumalanga se rondloperleeu gevind

Die rondloperleeu wat vroeër vandeesweek tussen Lydenburg en Sabie in Mpumalanga gewaar is, is vanoggend gevind. (Video met vergunning van Jan Combrink.)
‘Hoër belasting kom’
0
02:25

‘Hoër belasting kom’

“Ek vra van lojale Suid-Afrikaners om nou elke wettige moontlike manier te ondersoek om so min as moontlik belasting te betaal.” Só sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.
Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil  veiligheid by skole verseker
0
02:36

Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil veiligheid by skole verseker

Forum Sekuriteit het die afgelope week twee skole en die Leriba Lodge in Centurion besoek om veiligheidsrisiko-analises te doen. Hiermee word onder meer bepaal waar die perseel moontlik kwesbaar vir misdadige optrede is, maar ook watter ander veiligheidsaspekte opgeskerp moet word. Tarien Cooks, bestuurder van logistiek en administrasie by Forum Sekuriteit, sê skole lê hulle […]
Forum Nuus: Moenie gewone mense straf vir Ramaphosa en ANC se optrede 07-02-2025
0
04:47

Forum Nuus: Moenie gewone mense straf vir Ramaphosa en ANC se optrede 07-02-2025

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie gesê dat die Presidensie, die ANC en hul bondgenote se pogings om AfriForum die skuld vir Trump se uitsprake te gee, ’n duidelike poging van pres. Cyril Ramaphosa en die ANC is om hulself te probeer verontskuldig vir die negatiewe gevolge van hul eie onbesonne, ekstremistiese beleidsrigtings en optrede. […]
Forum Nuus: AfriForum-protospanopleiding slyp buurtwaglede vir veilige optrede 05-07-2024
0
03:21

Forum Nuus: AfriForum-protospanopleiding slyp buurtwaglede vir veilige optrede 05-07-2024

AfriForum se 12de protospanopleiding is pas afgehandel. AfriForum-buurtwagte van regoor die land identifiseer buurtwaglede om dié kursus by te woon om hulle slaggereed te maak vir verskeie situasies waarin hulle hulself mag bevind sodat hulle hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet kan beskerm. Die kursus bestaan uit teoretiese en praktiese opleiding wat kursusgangers […]
Forum Nuus: AfriForum-buurtwagte mobiliseer landwyd om hul gemeenskappe te beveilig 16-10-2023
0
03:36

Forum Nuus: AfriForum-buurtwagte mobiliseer landwyd om hul gemeenskappe te beveilig 16-10-2023

AfriForum se buurtwagte landwyd het die afgelope naweek aan die organisasie se derde nasionale massapatrollie deelgeneem. Heelwat AfriForum-buurtwagte in Gauteng het Vrydagaand by die Voortrekkermonument bymekaargekom vir die afskop van die patrollie. Die Voortrekkermonument was ook in groen gehul ter nagedagtenis aan die slagoffers van plaasaanvalle. Die aanvang van die patrollie is regstreeks uitgesaai om […]