SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:21

Forum Nuus: Speel lekker skaak onder koelteboom by die VTM 04-05-2023

Die Voortrekkermonument (VTM) was nog altyd ’n heerlike plek om te besoek. Dis veral die geval vir mense met ’n belangstelling in die geskiedenis en kultuur van die Afrikaner. Die VTM het egter oor die laaste 18 maande ook meer aktiwiteite vir die hele gesin op die terrein bekendgestel. Die nuutste byvoeging is skaakborde op […]
Forum Nuus: Energie Indaba kom om oplossings vir energiekrisis te soek
0
05:17

Forum Nuus: Energie Indaba kom om oplossings vir energiekrisis te soek

Die Afrikaner Afrika Inisiatief, AfriForum en die Konrad Adenhauer Stiftung het hande gevat om op 14 November ’n Energie Indaba in Kaapstad aan te bied. Hier sal rolspelers uit verskillende velde die huidige energiekrisis in Suid-Afrika bespreek en oplossings soek. Hooggeplaastes, insluitend die burgemeester van Kaapstad en die premier van die Noord-Kaap, sal spreekbeurte kry.
Forum Nuus: OppiKus-musiekfees weer in Margate aangebied
0
04:01

Forum Nuus: OppiKus-musiekfees weer in Margate aangebied

Inwoners aan die Suidkus het die afgelope naweek behoorlik feesgevier tydens die OppiKus-musiekfees. Ongeveer 3 800 mense het vanjaar dié musiekfees in Margate bygewoon. Die fees is weer vir die eerste keer sedert 2019 aangebied en feesgangers is Vrydag en Saterdag vermaak deur kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jakkie Louw, Demi Lee Moore, Die Campbells, Brenden […]
Forum Nuus: AfriForum loods noodwaterpuntprojek
0
03:03

Forum Nuus: AfriForum loods noodwaterpuntprojek

“Baie mense sal vra hoekom AfriForum nou, te midde van die koronapandemie, ’n noodwaterpuntprojek sal loods. Suid-Afrika is ‘n waterskaars land en ons glo daarin om proaktief op te tree en gemeenskappe in staat te stel om hulself teen swak staatsdienslewering te beskerm, veral in die voorsiening van water,” sê Lambert de Klerk, hoof van […]
Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk vereer ondernemings vir hul bydrae tot Afrikaans 08-05-2026
0
03:58

Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk vereer ondernemings vir hul bydrae tot Afrikaans 08-05-2026

AfriForum Sakenetwerk se eerste Tinteltong Toekennings vir 2026 is gister (7 Mei) by ’n glansgeleentheid in Pretoria aan ses ondernemings oorhandig. Hierdie toekennings gee erkenning aan ondernemings wat op hul eie manier bydraes tot Afrikaans maak. Soortgelyke geleenthede sal deur die loop van Mei in Mosselbaai, Kaapstad en Bloemfontein gehou word. Die wenners is soos […]
Forum Nuus: Skryf nou in vir Entrepreneur van die Jaar-kompetisie
0
05:12

Forum Nuus: Skryf nou in vir Entrepreneur van die Jaar-kompetisie

Dinamiese entrepreneurs met winsgewende ondernemings wat al langer as 1 000 dae, maar minder as 10 jaar lank, sake in Afrikaans doen kan nóú inskryf vir AfriForum se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie. Groot pryse is op die spel. Volg hierdie skakel om meer uit te vind.
Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford
0
02:48

Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag namens die Jimmy-gesin in die Wes-Kaapse hoë hof verskyn in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Ford-motormaatskappy is ook ’n party tot die verrigtinge. Die geregtelike ondersoek is uitgestel tot 18 Maart 2019. Dié ondersoek sal bepaal of Ford vir Jimmy se dood vervolg kan word.
Kyk: 1000 ruk op na Hoërskool Overvaal
0
03:03

Kyk: 1000 ruk op na Hoërskool Overvaal

Die Gautengse onderwysdepartement moet ’n lys van “wit skole soos Overvaal” oorhandig sodat “dié probleem van rassisme” by ander skole óók ondersoek kan word. So lui die memorandum wat vandag tydens ’n massa-optog deur sowat 1000 betogers onder leiding van Cosatu aan die Hoërskool Overvaal en Gautengse onderwysdepartement oorhandig is. Die EFF, ANC, ANC-jeugliga en die onderwysvakbonde Cosas en Sadou is van die 12 belangegroepe wat na dié skool in Vereeniging opgeruk het om ’n memorandum te oorhandig wat teen die skool se enkelmedium-taalbeleid beswaar maak.
#ForumNuus: Eskom-krisis: AfriForum gaan voort om verbruikers te beskerm
0
02:57

#ForumNuus: Eskom-krisis: AfriForum gaan voort om verbruikers te beskerm

Eskom het begin vandeesmaand gedreig om talle munisipaliteite in Noordwes, die Vrystaat, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Mpumalanga se krag af te sny. Dié munisipaliteite skuld die kragvoorsiener meer as R10 miljard. AfriForum het die hof genader in ’n poging om te keer dat duisende huishoudings, waarvan baie betaal, se krag afgesny word. Die Pretoriase hooggeregshof het egter beslis dat Eskom wel die reg het om skuld in te vorder en met die afsny van krag mag voortgaan.
Rina Venter in gesprek met Flip Buys
0
30:13

Rina Venter in gesprek met Flip Buys

Dr. Rina Venter het met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesels oor haar outobiografie, die geskiedenis en wat gedoen kan word om nie die foute van die verlede te herhaal nie. Lees die storie en boekresensie op Maroela Media: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/video-rina-venter-in-gesprek-met-flip-buys/
Man verskyn ná moord op 5-jarige
0
00:43

Man verskyn ná moord op 5-jarige

Betogers het Donderdag (26 Julie 2018) buite die landdroshof in Khayelitsha in Kaapstad saamgedrom waar ʼn man verskyn het vir die verkragting en moord op ʼn vyfjarige dogtertjie van dié woongebied. Foto: ANA
Battle of Majuba
0
00:33

Betogers, ouer betrokke in skermutseling by skool

Een van die ouers van ʼn leerling van Hoërskool Overvaal is Woensdagoggend tydens ‘n betoging voor die skool deur ʼn betoger geskop. Die betoging hou verband met ʼn hofuitspraak vroeër die week dat die Gautengse departement van onderwys nie die skool kan dwing om 55 Engelssprekende leerders by die skool in te neem nie.
Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae
0
01:07

Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae

Baie boere hou kwaai honde aan om hulle teen plaasaanvalle te beskerm, maar ʼn boer van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat het ʼn stap verder gegaan om die veiligheid om sy plaas op te skerp. Snags loop ʼn volwasse leeumannetjie om Tobie Bird se plaashuis om hulle teen aanvallers te beskerm.
Forum Nuus: Die Kaplyn weer te sien by AfriForum Teater 25-04-2025
0
04:04

Forum Nuus: Die Kaplyn weer te sien by AfriForum Teater 25-04-2025

Die musiekblyspel Die Kaplyn is van 26 April tot 9 Junie terug op die AfriForum Teater-verhoog. Die Kaplyn, wat handel oor die gebeure tydens die Grensoorlog in die 1980’s, is ’n storie vol lewenslesse, gesinne se opofferings en daar is ’n sterk fokus op die verhoudings tussen gesinslede. Dié musiekblyspel is vir sewe Naledi-toekennings benoem […]
Forum Nuus: Noordstreek-takke sê #OnsSalSelf tydens beraad 28-08-2023
0
04:12

Forum Nuus: Noordstreek-takke sê #OnsSalSelf tydens beraad 28-08-2023

Al gaan baie dorpe en stede in die land gebuk onder munisipale verval, is daar roepingsgedrewe mense wat sê ons sal self, ons gaan ’n toekoms skep ongeag die onbekwame owerhede en dit gee ’n mens hoop, het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê tydens die derde en laaste streeksberaad van die burgerregteorganisasie. Takke […]
Forum Nuus: AfriForum gaan federalisme in sentraalstreek uitbou
0
04:00

Forum Nuus: AfriForum gaan federalisme in sentraalstreek uitbou

AfriForum se streeksberaad vir sy takke in die Sentraalstreek is net buite Bloemfontein gehou. Groeiende federalisme het, soos met die berade in Kaapstad en Pretoria, weer sterk na vore gekom. Ongeveer 100 takbestuurslede van takke uit die Noord- en Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat het die beraad bygewoon. Met verskeie paneelgesprekke is AfriForum se takke […]
Forum Nuus: Botaniese Tuin in Sasolburg met ambisieuse projek skoongemaak
0
02:34

Forum Nuus: Botaniese Tuin in Sasolburg met ambisieuse projek skoongemaak

AfriForum se taklede in Sasolburg laat letterlik nie die gras onder hul voete groei nie. Hulle het in drie maande met ’n ambisieuse grassnyprojek die Botaniese Tuin, wat ’n nes van kriminele aktiwiteite geword het, skoongemaak en omtrent 6 ha gras gesny. Die hoop is om dit binnekort weer ’n plek te maak waar gesinne […]