Sy het byna oornag die splinternuwe sensasie onder Afrikaanssprekendes geword – die jong meisie wat reguit met haar fiets teen ʼn rugbypaal vasry en haar ma wat reageer met die nou byna ikoniese “My f** Marelize”. Maar Marelize Horn (19) van Windhoek in Namibië het nooit kon dink haar flater sou só wyd versprei dat dit naderhand die hele Suid-Afrika aan die skater het nie. "Dit voel onwerklik!" het sy aan Maroela Media gesê.
’n AfriForum-buurtwaglid van Pretoria het ’n maand nadat hy vermoedelik met ’n AK47 in die rug geskiet is, sy eerste treë in die hospitaal gegee. Video: Verskaf
Die verkeer op die N2-Suid net verby die King Shaka lughawe-afrit in Durban is Dinsdagoggend erg vertraag nadat ʼn vragmotor en drie ligte voertuie in ʼn botsing betrokke was. Vyf mense is in die botsing beseer, waarvan een persoon in ʼn kritieke toestand was. Video verskaf deur IPSS Medical Rescue.
Die Hoërskool Parys in die Vrystaat betreur ʼn voorval wat Maandag in ʼn gr. 9-klaskamer by die skool plaasgevind het waarin een leerling glo ʼn ander aangerand het.
Kom Boere, gooi jou witskuld juk af! Waarom was dit reg vit Brittanje om lande te verower deur oorlog tot 1902, maar nie vir die Boervolk nie? Hier is ons op die voorstoep van Unie Gebou, waar die Khoisan ‘n permanente kamp opgerig het. Hulle is nou al vir meer as ‘n jaar hier. Waarom […]
AfriForum se strategie is om te veg en te bou. Ons veg teen bestaande ongeregtighede en bou aan ’n beter toekoms. Die organisasie fokus derhalwe ook op gesamentlike projekte wat interkulturele samewerking bevorder sodat Afrikaners ook veilig, vry en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan. AfriForum werk op ’n grondslag van wedersydse erkenning […]
AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie gesê dat die Presidensie, die ANC en hul bondgenote se pogings om AfriForum die skuld vir Trump se uitsprake te gee, ’n duidelike poging van pres. Cyril Ramaphosa en die ANC is om hulself te probeer verontskuldig vir die negatiewe gevolge van hul eie onbesonne, ekstremistiese beleidsrigtings en optrede. […]
AfriForum se 12de protospanopleiding is pas afgehandel. AfriForum-buurtwagte van regoor die land identifiseer buurtwaglede om dié kursus by te woon om hulle slaggereed te maak vir verskeie situasies waarin hulle hulself mag bevind sodat hulle hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet kan beskerm. Die kursus bestaan uit teoretiese en praktiese opleiding wat kursusgangers […]
AfriForum se buurtwagte landwyd het die afgelope naweek aan die organisasie se derde nasionale massapatrollie deelgeneem. Heelwat AfriForum-buurtwagte in Gauteng het Vrydagaand by die Voortrekkermonument bymekaargekom vir die afskop van die patrollie. Die Voortrekkermonument was ook in groen gehul ter nagedagtenis aan die slagoffers van plaasaanvalle. Die aanvang van die patrollie is regstreeks uitgesaai om […]
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, oftewel die Bela-wet, hou ’n reusebedreiging in vir onderwys en veral vir Afrikaanse onderwys. Openbare raadplegingsessies het vroeër vanjaar in drie provinsies plaasgevind en dié sessies vind die naweek (5-7 Mei) in Gauteng plaas. AfriForum doen ’n dringende beroep op sy lede en die publiek om die sessies by te […]
AfriForum se buurtwagte het die afgelope naweek aan die nasionale massapatrollie deelgeneem. Vrywilligers en taklede in Centurion, Groter-Moot, Kempton Park en Benoni het Vrydagaand onder meer gebeurlikheidsplanne ingeoefen, sigbaarheidspatrollies gery en padstrepe oorgeverf. Die tweede Open Borders dokumentêr, waarin die swak grensbeheer tussen Suid-Afrika en Mosambiek onder die vergrootglas geplaas is, is ook Vrydag bekendgestel. […]
Al het Wolmaransstad van dié slegste paaie in die land, kry dit nie die AfriForum-tak in die dorp onder nie. Die tak probeer moedig om munisipale verval teen te werk sodat die dorp se infrastruktuur en algehele beeld nie geheel en al in die slag bly nie. Die tak het hulle eie toerusting aangekoop sodat […]
“Wat julle dalk as klein goedjies of dade beskou, bring vir ons groot opwinding. Dit laat ons ou mensies se harte so warm klop. Dankie dat julle in hierdie moeilike tyd aan ons gedink het.” Só sê Joan Labuschagne, voorsitter van die Cappie-tehuis vir bejaardes, een van 20 tehuise waar die Covid-19-taakspan, bestaande uit AfriForum, […]
Die manne van Dagbreek-koshuis in Stellenbosch het die afgelope naweek koning gekraai in AfriForum se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie vir universiteitstudente. Twee spanne van dié manskoshuis het mekaar die stryd aangesê in die finaal van dié rateltaai debatskompetisie.
AfriForum se traumaeenheid is in 2015 op die been gebring om slagoffers van geweldsmisdaad en hul naasbestaandes by te staan. Nagenoeg 250 mans en vroue is reeds opgelei as traumavrywilligers en is ingeskakel by AfriForum-buurtwagte oor die hele land heen. Dié netwerk staan gereed om in te tree waar dit nodig sou wees.
Indien die ou Suid-Afrikaanse vlag dus op grond van die aanstootlikheidswaarde daarvan tot haatspraak verklaar en verban moet word, kan ’n veel sterker argument aangevoer word dat die SAKP en selfs die ANC se vlag ook verban moet word.
Die burgerregtewaghond AfriForum se jeugvleuel staan ywerig reg om vanjaar met roepingsgedrewenheid te takel. Bestuurslede van verskeie AfriForum Jeug-takke het onlangs tydens ’n opleidingskamp bymekaar gekom om hul strategie vir die komende jaar, asook die aksies wat daaruit voortspruit, te bespreek.
Verteenwoordigers van AfriForum en AfriForum Jeug het onlangs voorleggings aan die tiende sitting van die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland gedoen. Kyk die video om na hul terugvoer oor dié geleentheid te luister.
“Afrikaans is ’n hoëfunksie- amptelike taal in Suid-Afrika en ons kinders is daarop geregtig om onderrig in hul moedertaal te ontvang.”
Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Werner Human, adjunkhoof van Solidariteit en Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, het tydens AfriForum se Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit Suid-Afrikaanse onderwys en wat die toekoms vir ons kinders inhou, bespreek.
Chris en Yolandé von Wielligh sing ‘n lied wat vir Gidion du Toit geskryf is tydens Gidion se gedenkdiens by Saterdagoggend, 15 Desember 2018 by die NG Gemeente Moreletapark in Pretoria. Yolandé het die lied spesiaal vir Gidion geskryf. Gidion is op 27 November vanjaar oorlede nadat hy sedert sy geboorte ‘n dapper stryd teen Fanconi-anemie geveg het. (Videogreep: Maroela Media)
Miljoene rand se skade is aangerig toe talle treinwaens Saterdagmiddag (21 Julie 2018) by die treinstasie in die Kaapstadse sakesentrum in ʼn brand verwoes is. (Video verskaf deur UNTU.)