Agt AfriForum Jeug-takbestuurslede van regoor die land het onlangs ’n internskap by AfriForum se hoofkantoor in Centurion suksesvol voltooi. Hulle het verskeie opleidingsessies bygewoon, erfenisgebiede besoek, skaduwerk gedoen en moes uiteindelik ’n voorlegging oor die toekoms van AfriForum Jeug aan ’n uitgesoekte paneel in die Forum Films ateljee aanbied. Die doel van die internskap is om hierdie jong takbestuurslede op te lei en te bemagtig om ’n beter toekoms vir hulself te verseker deur ’n aktiewe verskil op hul kampusse en in hul dorpe en gemeenskappe te maak.
