AfriForum Jeug het die afgelope naweek hul jaarlikse kongres in Pretoria aangebied. Jongmense van regoor die land het hierdie kongres bygewoon en is gerat om dit wat hulle by die kongres geleer het by hul takke en in hul persoonlike lewens te gaan toepas. “Hierdie is ’n groep jongmense wat hulle toekoms in hul eie hande neem en wat ’n verskil wil maak in hul gemeenskappe,” sê Ronald Peters, jeugbestuurder by AfriForum.
