AfriForum en die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit het vandag hul samewerking op grondvlak geformaliseer met die ondertekening van ’n historiese memorandum van verstandhouding. Dié ooreenkoms is daarop gemik om gemeenskapsbetrokkenheid te bewerkstellig.
