Ongeveer 50 matriekleerders het vandag AfriForum Jeug en AfriForum se jeugleierskapafdeling se Toekomsskeppers-geleentheid bygewoon. Tydens hierdie geleentheid het dr. Ernst Roets, beleidshoof van die Solidariteit Beweging, en Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Jeug, met die matrieks gesels oor hul toekoms, om eienaarskap te neem van besluite en die toekoms, asook hoe om die verskil te wees. Die matrieks het aangedui dat hulle glo dat hulle ’n toekoms in die land het en dat hulle bereid is om eienaarskap te neem van hul eie toekoms.
