SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou
0
01:18

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word. Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak. Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.
Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits
0
02:02

Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits

’n Interdik is vanoggend in die Pretoriase hooggeregshof teen Julius Malema, omstrede leier van die EFF, en dié party toegestaan nadat AfriForum en AfriSake die hof genader het om Malema en die EFF te verbied om onwettige grondgrype aan te hits. Die burgerregte- en sakeregtewaghond het die aansoek in November verlede jaar ingedien nadat Malema met sy uitlatings voortgegaan het en verder gedreig het dat die EFF op 6 April grond landwyd gaan beset. Malema het by verskeie geleenthede ’n beroep op sy ondersteuners gedoen om grond onwettig te beset. By een geleentheid is mense opdrag gegee om veral grond te beset wat naby is aan waar hulle woon. Malema het ook gesê dat die EFF die regskoste sou betaal indien onwettige besetters vervolg of gearresteer sou word.
Motoris gesoek ná jong man ‘wonderbaarlik’ oorleef
0
00:13

Motoris gesoek ná jong man ‘wonderbaarlik’ oorleef

Die polisie in die Vrystaat is op soek na die bestuurder van ʼn wit bakkie wat die 22-jarige Jason Pieters op 8 Junie 2019 by ʼn rooi lig reg van agter getref en hom met ernstige beserings in 'n hospitaal gelaat het. Lees meer:
Passasiers spring uit brandende bus
0
00:12

Passasiers spring uit brandende bus

Buspassasiers moes Maandagaand, 28 Januarie 2019 inderhaas by die ruite van die voertuig uitspring nadat die bus op die M1 by Savannah Park in Durban aan die brand geslaan het. (Video: Verskaf)
Bela-Bela-baken brand af
0
00:28

Bela-Bela-baken brand af

ʼn Gewilde baken in Bela-Bela, die Limpopo-vakansiedorpie, het Vrydagnag tot op die grond afgebrand. Na wat verneem word, het die brand omstreeks 21:30 by die Rodeos-restaurant en kuierplek van die Bela-Bela Waterfront ontstaan, waarna dit vinnig na die omliggende hout en grasdak strukture versprei het.
Toe en nou: Bethal-tak se groentetuin voorsien kilogramme kos aan gemeenskap
0
03:21

Toe en nou: Bethal-tak se groentetuin voorsien kilogramme kos aan gemeenskap

Ondanks verskeie terugslae het AfriForum se Bethal-tak ’n groentetuinprojek in ’n jaar en ’n half van stapel gestuur wat gemeenskapslede op ’n volhoubare wyse help voed. In die laaste twee maande het dié groentetuin meer as 600 kilogram spinasie opgelewer, wat aan plekke soos die Bethal-sopkombuis geskenk word. Die tak het ook gróót planne om […]
Forum Nuus: #RedPretoria – Hou stad uit ANC-EFF-hande, vra inwoners 17-09-2024
0
02:03

Forum Nuus: #RedPretoria – Hou stad uit ANC-EFF-hande, vra inwoners 17-09-2024

AfriForum het vandag ’n petisie met meer as 17 000 Pretorianers se name aan die koalisievennote in dié stad oorhandig as deel van dié organisasie se #RedPretoria-veldtog. AfriForum het sowat twee weke gelede dié petisie van stapel gestuur om inwoners van die stad die geleentheid te gee om hul stem te voeg by ander wat […]
Forum Nuus: AfriForum stel onderwysgids bekend
0
03:12

Forum Nuus: AfriForum stel onderwysgids bekend

AfriForum het vandag ’n onderwysgids bekendgestel tydens ’n ekspo wat by die AfriForum Teater aangebied is. Personeellede van die organisasie het onderwysers van skole in Pretoria meer vertel van hulle onderskeie afdelings en hoe skole daarby kan baat. Van die dinge wat AfriForum vir skole bied is van batebeveiliging deur Forum Sekuriteit tot by die […]
Forum Nuus: Beledigende generaal in hof ná AfriForum se privaatvervolgingseenheid toetree
0
01:20

Forum Nuus: Beledigende generaal in hof ná AfriForum se privaatvervolgingseenheid toetree

Danksy AfriForum se privaatvervolgingseenheid het die saak teen ’n polisiegeneraal, wat in 2016 beledigende opmerkings oor oudpolisiekaptein Riana Stander en ander opleidingsbeamptes in die SAPD se gewig, kleredrag en velkleur gemaak het, vandag in die Oudtshoorn Landdroshof begin. Sy het op klagtes van crimen injuria verskyn. Die Nasionale Vervolgingsgesag het aanvanklik geweier om te vervolg, […]
Forum Nuus: Pretoria-takke skaf toerusting aan om omgewing skoon te hou 11-05-2022
0
03:30

Forum Nuus: Pretoria-takke skaf toerusting aan om omgewing skoon te hou 11-05-2022

AfriForum se Groter-Moot- en Centurion-tak se tuinspanne werk daagliks om hul onderskeie omgewings skoon en netjies te maak. Dié takke het heelwat toerusting soos trekkers, bossiekappers en grassnyers aangeskaf om in te spring en skoon te maak daar waar die Tshwane Metro tekortskiet. Die Centurion-tak het ook ’n formele ooreenkoms met die Metro aangegaan om […]
I Besigheidsbytjies-wenners wil blink toekoms skep I
0
02:01

I Besigheidsbytjies-wenners wil blink toekoms skep I

Benno Pretorius en Roché Oberholzer van Laerskool Wierdapark in Centurion, was die intersenfasewenners van die eerste Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie met hul besigheid Blinkoog Hokkie-Akademie. Kyk dié video om te sien hoekom entrepreneurskap vir dié jong manne belangrik is en wat hulle advies vir ander jong entrepreneurs is.
Forum Nuus: AfriForum veg vir behoud van Krugerwildtuin se naam 13-10-2025
0
01:26

Forum Nuus: AfriForum veg vir behoud van Krugerwildtuin se naam 13-10-2025

AfriForum het ’n petisie van stapel gestuur om die Krugerwildtuin se naam te behou. Dit volg ná ’n mosie van die EFF vir die verandering van dié park se naam onlangs in Mpumalanga se provinsiale wetgewer aanvaar is. Besoek www.houkruger.co.za om jou naam by AfriForum se petisie te voeg en ’n stokkie voor die EFF […]
Onderwyser bied Afrikaanse klas in Sjina aan oor “Kinders van die Wind”.
0
00:24

Onderwyser bied Afrikaanse klas in Sjina aan oor “Kinders van die Wind”.

Byron Sherman, ʼn Suid-Afrikaanse onderwyser is nou al amper nege jaar lank in Sjina. Hy is deur die Beijing Universiteit vir Buitelandse Studies se Skool van Asies-Afrikastudies genader om Afrikaans daar aan te bied. In dié video wat hy aan AfriForum gestuur het, is hy en sy klas besig om "Kinders van die Wind" te ontleed.
Forum Nuus: Quo Vadis
0
02:27

Forum Nuus: Quo Vadis

Is daar ’n toekoms vir Afrikaners? In die laaste Quo Vadis-gespreksreeks gesels Ernst Roets met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging en Barend Uys, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, oor die maniere waarop Afrikaners kan help bou aan ’n blink toekoms.