‘n Brand het op 8 Mei 2017 by die voertuigeenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Welkom in die Vrystaat uitgebreek. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-brand-by-sapd-voertuigeenheid-in-welkom/
SAUK Radio Nuus van die dag. Skakel elke dag in om 7 uur soggens, 1 uur smiddags en 7 uur namiddag om na SAUK Radio se Nuus Bulletin te luister wat vir jou die nuus van die dag bring wat die blanke volk raak. Ons gebruik ‘n lae band stroom so dit neem nie baie […]
Dag drie van AfriForum se saak teen Julius Malema en die EFF oor haatspraak het met chaos in die hooggeregshof in Johannesburg begin nadat die hofsaak deur skreeuende vroue ontwrig is wat plakkate vertoon het. Hul optrede het gevolg nadat ‘n video vertoon is waarin EFF-lede gister buite die hof Ernst Roets en AfriForum se […]
Op 27 Maart 1865 het kgosi Moroka II, die destydse kgosi van die Seleka Barolong, en president Jan Brand, president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, ’n verdrag van alliansie en bondgenootskap onderteken. AfriForum en dié tradisionele gemeenskap het hierdie historiese gebeurtenis verlede week, presies 160 jaar later, herdenk. Tydens die herdenking is die pas […]
Kom Klets op Maatjie.com en Maak Nuwe Vriende. Wie weet, dalk kliek julle? Kom sluit gratis aan, laai die Toep af, en snuffel deur duisende profiele in die veiligheid van jou eie huis, op jou eie tyd, en volgens jou eie voorafgestelde voorkuere soos ligging, stokperdjies, diet, ras, ouderdom, ens. Voeg profiele waarvan jy hou […]
AfriForum en verskeie ander besorgde organisasies het gister voor die parlement protes aangeteken oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die Bela-wetsontwerp). Enkele ure daarna is dié wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering met 223 stemme teenoor 83 aanvaar. Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, sê daar is egter verskeie stappe wat nog […]
AfriForum het vandag ’n mondelinge voorlegging voor die Gautengse Wetgewer se Portefeuljekomitee vir Infrastruktuurontwikkeling en Eiendomsbestuur gedoen wat die Onteieningswetsontwerp [B 23 – 2020] sterk teenstaan. Sou hierdie wetsontwerp deurgevoer word, kan enige privaat eiendom soos byvoorbeeld motors en selfs iemand se selfoon onteien word, nie net plase of grond nie. Die organisasie is sterk […]
Danielle Barendse (20) het vandag met die hulp van AfriForum se privaatvervolginseenheid strafregtelike klagtes van aanranding en crimen injuria by die Wierdabrug-polisiestasie ingedien. Barendse werk by ’n groot hardewarewinkel in Centurion waar sy op 8 Oktober deur ’n manlike kliënt rondgejaag en valslik as rassis uitgekryt is. Die betrokke man is ’n werknemer van die […]
Inskrywings vir vanjaar se AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie is oop en daar is oudergewoonte weer groot pryse op die spel. Die wenner sal met R50 000 in kontant wegloop, maar volgens Sanderien van der Walt, AfriForum Sakenetwerk se bestuurder, is die blootstelling wat die wenner kry van selfs meer waarde.
Die verfilming van Forum Films se splinternuwe komedie, De Kleine Griet, is byna voltooid. Dié reeks speel af in die 17de eeu tydens die goue jare van die VOC (Verenigde Oos-Indiese Kompanjie) en vertel die storie van die fiktiewe kaptein Wim van der Vaart en sy eksentrieke en vermakerige bemanning wat hom op sy reise […]
Forum Nuus gesels met Leon Fourie van SOS en Kallie Kriel van AfriForum by die Toekomsberaad vir skole wat op 23 tot 25 Junie 2026 in Pretoria aangebied is. Hulle vertel meer oor die toekoms van Afrikaanse skole en hoe skole as die hartklop van ’n gemeenskap gekoester moet word.
AfriForum en die Batlharo Boo Tokwana Ba Ga Masibi-kultuurgemeenskap wes van Mahikeng in Noordwes het verlede week ’n gesamentlike lêhoender-projek van stapel gestuur. Hierdie projek is daarop gemik om ’n meer selfstandige gemeenskap te bou en ’n volhoubare inkomste te genereer.
AfriForum het vandag getuies in hul saak teen Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), gedwing om mondelinge verklarings in die Potchefstroomse landdroshof af te lê. Dit volg nadat talle diere op haar plaas buite Potchefstroom in 2014 gevrek het weens verhongering en mishandeling.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag sy nasionale vullisterreinouditprojek by die Hatherley-vullisterrein in Mamelodi van stapel gestuur. Hierdie vullisterrein het in 2016 volgens AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditverslag aan slegs 36% van die minimum vereistes voldoen, maar verlede jaar, ná AfriForum se volgehoue druk op die munisipaliteit, ’n handomkeer prestasie van 80% behaal.
AfriForum en Solidariteit het vroeër dié week amptelike klagtes teen rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse netbal by die Internasionale Netbalfederasie (INF) se hoofkantoor in Manchester, Engeland ingedien. Dié afvaardiging het ook met lede van die Europese Parlement (EP) in Brussel, België vergader waartydens politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport bespreek is.
Hier volg die nuus flitse vir SAUK Nuus: – Durban burgemeester se logika word bevraagteken – wil Durban hawe sluit om onafhanklik te raak van Westerse Imperialisme – Die ANC se nuwe “struggle” is veel meer ingewikkeld as om net te brand en te vermoor – dit behels glo om die verbrokkeling in die ANC […]
Suid-Afrika het beslis nie ʼn tekort aan jong slimkoppe wat in robotika belangstel nie – dit is nou as ʼn mens moet oordeel aan die 72 spanne wat aan vanjaar se Wêreld Robotika Olimpiade (WRO) tydens die Oktober-skoolvakansie deelgeneem het.
Die spanne het dit op 29 September by die Thinus Bester-saal van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie uitgespook om met die titel weg te stap as die land se beste robotbouers en -programmeerders.
* Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen.
* Videoredigeering deur Marius Vermaak.
* Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: http://spens.co.za/kCx
As dit geld reën moet jy skep. Dít is wat omstanders Maandagmiddag in Noordwes gedoen het kort nadat rowers op ʼn G4S-geldwa toegeslaan en dit glo van ʼn onbekende bedrag geld beroof het.
Vandag is Onderwysersdag internasionaal gevier. Om met dié viering saam te val het Akademia, die privaat hoëronderwysinstelling, sy Fakulteit Opvoedkunde amptelik bekendgestel. Prof. Irma Eloff, internasionaal bekende onderwyskundige en voormalige Dekaan van Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), was die gasspreker en het gewys op ’n raming in 2015 wat daarop gedui het dat […]