Genoeg is genoeg! AfriForum en die Mafube Besigheidsforum is môre (27 Januarie) in die Hooggeregshof in Bloemfontein om pres. Cyril Ramaphosa en ander provinsiale en nasionale departemente te dwing om dienslewering in Frankfort te herstel. Hulle eis dringende ingryping in die dorp wat verval en agteruitgaan en onder ernstige water-, paaie-, vullis- en rioolprobleme gebuk […]
“Jy kan nie net kla oor politiek, plaasmoorde of die droogte in ons land en niks doen nie. Waar jy kan, moet jy ’n bydra lewer. Ons moet almal saamstaan.”Só meen Carel Joubert, een van verskeie AfriForum-lede wie se reusebydrae tot die noodfonds dit vir die burgerregte-organisasie moontlik gemaak het om 42 ton voer aan boere in die droogte¬geteisterde Williston-distrik te skenk.
Vandag (24 September) vier ons Erfenisdag. Die Afrikaner se erfenis, monumente en erfenisterreine word onder die ANC-regering bedreig en verwaarloos, maar al hoe meer jongmense staan op en is vuur en vlam om by die bewaring en beskerming van hul erfenis betrokke te raak. Hierdie jongmense is, in die woorde van oudpres. Paul Kruger, bereid […]
Terwyl staatsverval ongekende vlakke in Vanderbijlpark bereik het, het die plaaslike AfriForum-tak hul #VegEnBou-week gehou waar daar onder meer slaggate herstel en parke skoongemaak is. Volgens Jan Labuschagne, die plaaslike takvoorsitter, lewer die plaaslike munisipaliteit nie die nodige dienste nie. “Ons het ons gemeenskap en lede baie nodig om ’n verskil in Vanderbijlpark te maak. […]
AfriForum se strategie is om te veg en te bou. Ons veg teen bestaande ongeregtighede en bou aan ’n beter toekoms. Die organisasie fokus derhalwe ook op gesamentlike projekte wat interkulturele samewerking bevorder sodat Afrikaners ook veilig, vry en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan. AfriForum werk op ’n grondslag van wedersydse erkenning […]
AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word.
Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak.
Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.
Dag drie van AfriForum se saak teen Julius Malema en die EFF oor haatspraak het met chaos in die hooggeregshof in Johannesburg begin nadat die hofsaak deur skreeuende vroue ontwrig is wat plakkate vertoon het. Hul optrede het gevolg nadat ‘n video vertoon is waarin EFF-lede gister buite die hof Ernst Roets en AfriForum se […]
Innoverende Afrikaanse ondernemings is vanjaar op Internasionale Moedertaaldag tydens Afrikaans-Vriendelik, ʼn inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, se Tinteltong Toekennings bekroon. Die Tinteltong Toekennings word toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans op welke wyse bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.
Die dames het skoonskip gemaak by AfriForum se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie vir 2021. Tydens dié spoggerige geleentheid, wat by Mongena Game Lodge in die Dinokeng-natuurreservaat aangebied is, is Elzabeth van der Bijl, eienaar van Fynbos, en Alita du Plessis, eienaar van Purple Carrot, onderskeidelik as wenners in dié kompetisie aangewys.
As ’n mens twee maande gelede ’n inwoner van Krugersdorp gevra het of daar vandag ’n atletiekbyeenkoms by die Bob van Reenen-stadion aangebied sou word, sou die antwoord waarskynlik ’n ferm “nee” gewees het. Dié stadion was aan die begin van die jaar nog toegegrendel ná vorige munisipaliteite dit heeltemal verwaarloos het. Maar danksy AfriForum, […]
AfriForum was verlede week in die distrik van Nkandla, tuiste van president Jacob Zuma, om te kyk hoe die gemeenskap gehelp kan word om vir meer as 400 kinders toegang tot ʼn hoërskool te kry.
Dít volg nadat Inkosi Z.D. Mpungose, hoof van die tradisionele stam in die gebied, die burgerregte-organisasie in Februarie om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is.
Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is dit onaanvaarbaar dat honderde kinders nie toegang tot ʼn skool het nie, terwyl Zuma in ʼn woning van R250 miljoen woon. “Ons kan nie ʼn skool hier bou nie, maar ons het met ouers en lede van die gemeenskap vergader om te kyk hoe verdere druk op die LUR geplaas kan word sodat die beloofde skool gebou word.”
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vroeër gesê hoewel sekere mense meen die versoek uit ʼn swart gemeenskap is vreemd, is dit alles behalwe die geval omdat AfriForum onbeskaamd en openlik vir die regte van Afrikaners, Afrikaanssprekende en minderhede veg.
AfriForum het vanjaar sy jaarlikse boomplantmaand-projek in Knysna afgesluit waar die organisasie 50 bome in die Pledge-natuurreservaat en byna 800 fynbosplante in die Brenton-omgewing geplant het.
Drieka Botha, wie se man Dries in 2017 gesterf het na ’n wrede plaasaanval, het vandag vir een van die beskuldigdes in dié saak gevra om sy masker af te haal en haar in die oë te kyk. Sy het oor die impak van haar man se moord in die Brits-landdroshof getuig kort voor Caiphus […]
AfriForum Jeug het Dinsdag ’n klagte teen studente van die EFF Students Command (EFFSC) aan die Universiteit van die Vrystaat aanhangig gemaak nadat ʼn personeellid asook studente vroeër die dag gedurende ’n betoging op kampus deur betogende studente aangerand is.
Die film Begrond, gegrond op die boek van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het teatergangers gisteraand diep geraak én met trots op hul geskiedenis laat terugkyk. Die vertoning wat in die AfriForum Teater aangebied is, handel oor die verhaal van die Afrikaner se geskiedenis soos ervaar deur ’n familie wat daar was. Dit steun […]
Vandag is Onderwysersdag internasionaal gevier. Om met dié viering saam te val het Akademia, die privaat hoëronderwysinstelling, sy Fakulteit Opvoedkunde amptelik bekendgestel. Prof. Irma Eloff, internasionaal bekende onderwyskundige en voormalige Dekaan van Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), was die gasspreker en het gewys op ’n raming in 2015 wat daarop gedui het dat […]
AfriForum en die omgewingsorganisasie, Treasure Karoo Action Group (TKAG), het onlangs betoog teen Shell Suid-Afrika se aansoeke om met hidrobreking in verskeie dele van Suid-Afrika, veral die Karoo, voort te gaan.
Jannie du Toit (70), legendariese Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sanger, vier vanjaar ’n loopbaan van 50 jaar in die musiekbedryf. Hy is eerskomende Sondag, 5 September, in die AfriForum Teater in Pretoria om dié mylpaal saam met jarelange vriende en aanhangers plaaslik en regoor die wêreld te vier. Kaartjies kos R150 per persoon per vertoning (R120 […]
Die AfriForum Teater het vandeesweek sy eerste verjaarsdag gevier met spesiale vertonings vir bejaardes en kinders in Pretoria. Rocco de Villers en Jakkie Louw het opgetree. Die teater het in die afgelope jaar meer as 200 vertonings gehou en 17 000 teatergangers oor sy drumpel verwelkom. “Hierdie is ’n reuse-mylpaal en ons is saam met […]
Of jy nou ’n gesoute sakeman is of jou splinternuwe besigheid steeds uit jou ouers se motorhuis bedryf, is dit nooit té laat om jou vaardighede op te skerp nie. Daarom bied die AfriForum Sakenetwerk vanjaar as deel hul Entrepreneur van die Jaar-kompetisie verskeie webinare en werkswinkels aan om nuwe én ervare entrepreneurs meer oor […]