SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:06

Forum Nuus: Ons moet harder werk op pad na vryheid 3-3-2023

AfriForum se hooffokus vanjaar is die uitbou van gemeenskapsfederalisme om Afrikaners meer onafhanklik en staatsbestand te maak. Baie harde werk lê vir ons voor op die pad na vryheid. Daarom gaan AfriForum se meer as 150 takke en 160 buurtwagte baie vinniger baie meer in ons dorpe en woongebiede moet doen om staatsverval te stuit. […]
Forum Nuus: Takvoorsitters slaggereed om federale bestel op grondvlak deur te voer 29-08-2022
0
03:27

Forum Nuus: Takvoorsitters slaggereed om federale bestel op grondvlak deur te voer 29-08-2022

AfriForum het die afgelope maand streeksberade in Kaapstad, Pretoria en Bloemfontein aangebied met die tema “Groeiende federalisme deur selfdoen”. Honderde takbestuurslede van regoor die land het die onderskeie berade in hul streek bygewoon. Takbestuurslede is ná afloop van die berade dit eens dat hulle opnuut besiel en slaggereed is om na hulle gemeenskappe terug te […]
Helpende Hand voed gemeenskappe tydens staat van inperking
0
02:46

Helpende Hand voed gemeenskappe tydens staat van inperking

’n Paar uur voordat Suid-Afrika om middernag (26 Maart) ’n grendelstaat word, staan kosvoorraad by die Solidariteit Helpende Hand-gemeenskapsentrum in Derdepoort, oos van Pretoria, gereed om deur behoeftige gesinne afgehaal te word.
Forum Nuus: AfriForum gaan verskil in skole maak 16-02-2026
0
04:00

Forum Nuus: AfriForum gaan verskil in skole maak 16-02-2026

AfriForum se tweede streekskongres vir die jaar is die afgelope naweek in Bloemfontein gehou. AfriForum se rol as gemeenskapsbouers en hoe dié organisasie ’n verskil in skole maak, is hiertydens in die kollig geplaas. Forum Nuus het ook gaan aanklop by Henri Wilken, hoof van Hoërskool Jim Fouché, om uit te vind hoe AfriForum reeds […]
HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop
0
03:11

HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop

De Goede Hoop-koshuis het op Saterdag 21 Oktober ’n opedag vir alle voornemende studente wat in 2018 in die Pretoria-omgewing wil studeer. Nantes Kelder, De Goede Hoop se koshuisvader vir 2018, en HK-lede het met Forum Nuus gesels oor wat dié koshuis uniek maak.
Forum Nuus: #OnsVervolg Thandi Modise
0
01:24

Forum Nuus: #OnsVervolg Thandi Modise

Thandi Modise, speaker van die nasionale vergadering, het vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse landdroshof verskyn op aanklagtes van dieremishandeling. Die saak is uitgestel tot 30 Oktober vir voorverhoor-beraadslaging tussen haar regspan en AfriForum, wat Modise privaat vervolg namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV). ’n Verhoordatum sal na verwagting dan bepaal word. “AfriForum se privaatvervolgingseenheid is juis gestig om in sake soos dié van Modise, waar die NVG oënskynlik om politieke redes sy plig versuim, toe te tree en privaat te vervolg om geregtigheid te help verseker,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.
Rowers steel peperduur horlosies by Menlyn
0
01:20

Rowers steel peperduur horlosies by Menlyn

Die Pretoria-polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof nadat ʼn juwelierswarewinkel Maandagaand in Menlyn Mall in die ooste van die stad beroof is. Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê vier onbekende verdagtes, wat mussies en pette gedra het, het omstreeks 18:00 op die winkelsentrum toegeslaan. “Die verdagtes is na die Vault-winkel waar hulle ʼn hamer gebruik […]
Boer se hartroerende boodskap ná plaasmoord
0
03:18

Boer se hartroerende boodskap ná plaasmoord

ʼn Video van ʼn boer se hartroerende boodskap, nadat Joubert Conradie (47) ná ʼn aanval Dinsdag op ʼn plaas in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl gesterf het, word wyd op sosiale media versprei.
Forum Nuus: Jannie du Toit vier mylpaal met spesiale optredes by die AfriForum Teater
0
02:35

Forum Nuus: Jannie du Toit vier mylpaal met spesiale optredes by die AfriForum Teater

Jannie du Toit (70), legendariese Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sanger, vier vanjaar ’n loopbaan van 50 jaar in die musiekbedryf. Hy is eerskomende Sondag, 5 September, in die AfriForum Teater in Pretoria om dié mylpaal saam met jarelange vriende en aanhangers plaaslik en regoor die wêreld te vier. Kaartjies kos R150 per persoon per vertoning (R120 […]
Forum Nuus: AfriForum Teater is soos ‘n wonderwerk
0
03:44

Forum Nuus: AfriForum Teater is soos ‘n wonderwerk

Die AfriForum Teater het vandeesweek sy eerste verjaarsdag gevier met spesiale vertonings vir bejaardes en kinders in Pretoria. Rocco de Villers en Jakkie Louw het opgetree. Die teater het in die afgelope jaar meer as 200 vertonings gehou en 17 000 teatergangers oor sy drumpel verwelkom. “Hierdie is ’n reuse-mylpaal en ons is saam met […]
Forum Nuus: AfriForum wil 1 000 bome in September plant 03-09-2024
0
01:31

Forum Nuus: AfriForum wil 1 000 bome in September plant 03-09-2024

AfriForum en die organisasie se meer as 160 takke landwyd plant elke jaar gedurende September bome om ’n blywende impak op die natuur te maak. Vanjaar se projek is in Bronkhorstspruit afgeskop waar vrugtebome by die Eden Gemeente geplant is. Gemeenskappe word met hierdie projek bewus gemaak van die belangrikheid van volhoubare omgewingspraktyke en word […]
Forum Nuus: Tinteltong Toekennings trek nuwe baadjie aan; beloon 50 ondernemings 22-2-2024
0
03:34

Forum Nuus: Tinteltong Toekennings trek nuwe baadjie aan; beloon 50 ondernemings 22-2-2024

AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings, wat innoverende Afrikaanse ondernemings beloon, word vanjaar in streeksverband aangebied. Dit is die negende keer wat hierdie toekenningsgeleentheid aangebied word en ook die eerste keer dat 50 ondernemings toekennings ontvang. Die toekennings is reeds in Potchefstroom en in Pretoria aangebied en sal ook in Groot-Brakrivier, Durbanville en Kimberley aangebied word. […]
Forum Nuus: Plaasaanvallers swaar gestraf ná aanval op bejaardes 14-07-2023
0
04:17

Forum Nuus: Plaasaanvallers swaar gestraf ná aanval op bejaardes 14-07-2023

Drie plaasaanvallers is vandag swaar vonnisse opgelê in die Hooggeregshof in Pretoria. Lawrence Refemate Makhubela, Cornelius Makatu en Jacob Maponyane Seokola het in Desember 2020 vir Dries (75) en Mariaan (nou 71) Nieuwoudt op hulle hoewe buite Pretoria aangeval. Die egpaar is die Maandag aangeval en Mariaan, wat in die badkamer toegesluit was, kon eers […]
Forum Nuus: Dit is belangrik om jou inligting op te dateer! 29-11-2022
0
01:37

Forum Nuus: Dit is belangrik om jou inligting op te dateer! 29-11-2022

AfriForum-lede word van tyd tot tyd deur die organisasie se inbelsentrums gebel om belangrike inligting te verifieer of nuwe inligting oor die organisasie se nuutste aksies, projekte en veldtogte oor te dra. Dit is belangrik dat lede hierdie oproepe, wat baie kort is, moet beantwoord om hul kontakbesonderhede op te dateer. Mense verhuis van tyd […]
Forum Nuus: AfriForum dien as katalisator om gemeenskap in Heidelberg te mobiliseer
0
05:22

Forum Nuus: AfriForum dien as katalisator om gemeenskap in Heidelberg te mobiliseer

Heidelberg is ’n dorp ryk aan geskiedenis en dit is waar die digter A.G. Visser ook as dokter gepraktiseer het. Koos Bekker van Naspers was ’n skolier by die Hoër Volkskool en Winston Churchill en Mahatma Gandhi was by geleentheid in die Ou Tronk in die dorp aangehou. Dit is juis by dié geskiedkundige erfenisterrein […]
Forum Nuus: Dis hoekom ouers moedertaal kies
0
03:39

Forum Nuus: Dis hoekom ouers moedertaal kies

AfriForum se veldtog teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys is goed op dreef en ons moenie nou verslap in die stryd teen die ANC-regering se planne om ons skole in die hand van die staat te plaas nie. Die regering se planne om skole se taal- en toelatingsbeleid te sentraliseer, is irrasioneel en in wese […]
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2019
0
04:11

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2019

“Die kunste is die suurstof van ’n kultuur en as jy daai pypie begin toedruk dan sterf jou kultuur. Dit is wat ons vroeër by ander toekenningsgeleenthede ervaar het, maar dis nie die geval by die Aitsa’s nie. By die Aitsa’s gaan dit oor Afrikaans en oor meriete,” meen Steve Hofmeyr. Kyk dié video om […]