Rowers steel peperduur horlosies by Menlyn

Die Pretoria-polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof nadat ʼn juwelierswarewinkel Maandagaand in Menlyn Mall in die ooste van die stad beroof is.
Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê vier onbekende verdagtes, wat mussies en pette gedra het, het omstreeks 18:00 op die winkelsentrum toegeslaan.
“Die verdagtes is na die Vault-winkel waar hulle ʼn hamer gebruik het om die vertoonvenster stukkend te slaan. ʼn Aantal Rolex-horlosies is gesteel,” het Weilbach gesê.

(Visited 14 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.