Afrikaans375 Videos



SAUK TV: TROMPIE en die Boksombende 1980 TV jeugreeks – Bobbejaanstreke
SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 12 – Die Tweede Prys
SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 4 – Poppie se poppedans
SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 6 – Sakeman en Sakeplan
SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 7 – Die wulpse konsultant
SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 8 – Worsie Word ‘n Wors
SAUK TV: Vetkoek Paleis, Seisoen 1, Episode 1 – Blou Ligblou
SAUK TV: Vetkoek Paleis, Seisoen 2, Episode 4 – Ella se Tog en Boeboe se moeilikheid
SAUK TV: Vetkoek Paleis, Seisoen 2, Episode 5 – Die Kaartjie
SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2 Episode 6 – Die cherrie is Koekie
SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2 Episode 7 – Soos ‘n merry-go-round
SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2, Episode 1 – Worsie en die twee tjortse
SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2, Episode 2 – Frikkadel se keuse en prioriteite
SAUK TV: Vetkoek Paleis: Seisoen 2, Episode 3 – Die lewe is ‘n video en Spiros se vetkoeke
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 12 – Verbode Vrugte
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 13 – Die peroxide-tert
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9 – ‘n Nuwe vennoot
SAUK TV: Vetkoekpaleis: Seisoen 2 Episode 8 – Wat is ‘n Moeder?
SAUK TV: WILLEM – 1976 TV reeks – Die Klouterdief
Sharoney stel nuwe musiekvideo vry ‘Crush’
Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!
“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh
SKY OCEAN ontbloot haar siel met nuwe enkelsnit
Sky Ocean het een van daardie stemme wat jou in jou spore laat vassteek wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is hoendervleismooi emosie en ’n strelende klank in haar stem wat jou uitnooi om verlore te raak in haar musiek. Dit is dan ook hierdie eienskappe wat haar derde enkelsnitvrystelling, BLACKHOLES IN MY HEAD, so besonders maak.
BLACKHOLES IN MY HEAD is ’n moderne ballade met ’n pop-rock-aanslag. Hierdie ballade is in Australië geskryf in samewerking met Byron Keno en bevraagteken al die onbeantwoorde vrae wat daar oor liefde bestaan. Al daardie dinge oor die liefde wat niemand verstaan nie. “Somtyds gee jy jou alles vir iemand of iets nog voordat julle amptelik ’n paartjie is. Jy leer nie eers hoe om te vlieg voordat jy val nie, jy vat ’n kans en laat net gaan met ’n hart vol hoop en vertroue dat dit sal uitwerk.
Wanneer dit ’n week later nie uitwerk nie, beweeg die persoon so vinnig aan en jy sit met die gebroke
Snotkop het ‘n nuwe album uit en dit is ‘onverantwoordelik lekker’
Snotkop het ’n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, SOUS is geen uitsondering nie.
Van die eerste pols tot die laaste eggo in die dertien snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ’n gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong in die kies, meer as net ’n bietjie stout, bekkig en braaf!
Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ’n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ’n brokkie reggae en ’n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ’n sokkie dansvloer, klub of ’n strandpartytjie vir die boeke.

M
Solo-enkelsnit uit deur Abel Knobel
Die sanger Abel Knobel, wat bekendheid verwerf het as lid van die groep NRG Energie, het onlangs sy solo-enkelsnit Die Stilte Het Gepraat uitgereik.
Die snit wat as ’n mid-tempo ballade kan beskryf word, is deur Abel en Pierre Rossouw geskryf toe hy deur diep waters is. “Die pyn wat gepaard gaan met die verlies van ’n liefde, om meer spesifiek te wees is die inspirasie agter die snit,” sê hy.
Volgens Abel is die doel agter sy debuut enkelsnit om agter te kom wie hy regtig as solo-kunstenaar is. “Die laaste ding wat ek wou doen was om die proses aan te jaag. As mens net iets vrystel wat nie goed deurdink is nie, en ook nie outentiek of authentic aan jou is nie, sal dit nooit so groot impak maak nie, en ek dink ons mark is op ’n plek waar die publiek honger is vir iets wat real en honest is.”
Met die snit het Abel unversiële temas soos eensaamheid en verwerping direk probeer aanspreek. En vertel: “Maak nie saak hoe alleen of verw
