Forum Nuus: Boere het hulp nodig teen sprinkaanplaag

Boere in die Noord-Kaap word geteister deur reuse sprinkaanswerms wat baie groot skade aan oeste aanrig. Die onlangse goeie reën in die provinsie het wydverspreide uitbrekings van bruinsprinkane tot gevolg gehad. Die huidige situasie word in landboukringe as skrikwekkend beskryf met sommige swerms wat oor 20 km en selfs 30 km strek. Streke wat veral onder die plaag gebuk gaan is die Namakwaland, die Kalahari, die noordelike gedeeltes van die Karoo, Prieska dwarsdeur tot by Vosburg en Carnarvon. Boere het dringend hulp nodig om die sprinkane te bespuit. Donasies word benodig om onder meer spuitmiddel en spuitpompe aan te koop.
Jou skenking kan help om die sprinkane te bestry.
Bank: FNB
Rekening: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Tak: Centurion
Takkode: 250-655
Verwysing: Sprinkaan

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.