Forum Nuus: Jaap Steyn leef voort in laaste boek

So is onse mense is ’n versameling “herbesoeke” wat J.C. Steyn se vernuf as kultuurhistorikus, kampvegter vir Afrikaans en biograaf met ’n uitsonderlike fyn waarnemingsvermoë ten toon stel. Hierin stel Steyn onder meer ondersoek in na die laaste dramatiese dae van die Anglo-Boereoorlog; hy herontdek die lewe van J.D. Kestell; loop die pad tot by die manne en vroue van die Vrouemonument, die Brandwaterkom (Steyn se grootword-wêreld), Afrikaans se bittere negentigste verjaardag, en verskeie ander outobiografiese vertellings oor mense en dinge wat hom inniglik geboei het. Die boek sluit ook ’n huldigingsbylaag in waarin individue dié woordmeester huldig.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.