AfriForum se werksaamhede in Bloemfontein word gekenmerk deur goeie samewerking met verskeie organisasies en die inwoners van die stad. AfriForum stap al jare lank ’n pad saam met Anchor of Hope om parke en meer onlangs die Ou Presidensie se tuin skoon te maak. Met hierdie aksies word daar ook werk geskep vir mense wat andersins sonder werk sou gesit het. AfriForum borg ook ’n noodvoertuig wat VR Med aanwend om op noodgevalle in en om Bloemfontein te reageer.
