Die nasionale eindstryd van die Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie het die afgelope naweek in Centurion plaasgevind. Deelnemers van skole regoor die land het vroeër vanjaar in rekordgetalle ingeskryf vir die streeksuitdunne sodat die vier beste junior en senior spanne mekaar die stryd kon aansê. Helpmekaar Kollege het in die junior kategorie getriomfeer en Afrikaanse Hoër Meisieskool was die senior wenners. Hierdie debatskompetisie vind reeds die afgelope sewe jaar plaas en dit is virtueel aangebied tydens die pandemie.
