Forum Nuus: (Orania deel 3) Hier word kinders grootgemaak om die leiers van môre te wees 17-11-2022

Soveel mense vestig hulle in Orania omdat hulle graag hul kinders in ’n veilige en beskermende omgewing op die platteland wil grootmaak. ’n Gesonde gesinslewe, Christelike waardes en opvoeding is vir hulle baie belangrik. Orania het twee dagsorgsentrums, Kieliepensie en Huppelkind, waar van babas tot vierjariges liefdevol versorg word. Daar is twee skole, wat albei laer- en hoërskole is, en skoliere presteer op verskeie terreine. Gehalte-onderrig word gebied en tred word ook met tegnologiese ontwikkeling gehou. Die Orania CVO-skool groei ook vinnig en daar is reeds planne om nuwe klaskamers te bou.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.