Die bedreiging wat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (ook bekend as die Bela-wet) vir onderwys, en veral Afrikaanse onderwys inhou, duur steeds voort. In 2022 het ’n oorweldigende meerderheid individue en instellings met skriftelike kommentaar standpunt teen die inhoud daarvan ingeneem. Instellings het ook geleentheid gehad om op uitnodiging voorleggings aan die parlementêre portefeuljekomitee te doen hieroor. Pas is openbare raadplegingsessies aangekondig waar die publiek mondelinge insette oor Bela kan gaan lewer, met die eerste byeenkoms wat reeds Vrydag 24 Februarie 2023 plaasvind. AfriForum doen ’n dringende beroep op sy lede en die publiek om die verhore by te woon en standpunt teen die wet in te neem. Indien die wet deurgevoer word, kan die etos en karakter van Afrikaanse skole ingrypend verander en sal ouers bitter min sê oor skole se toelatings- en taalbeleid hê. Uiteindelik kan dit tot oorvol skole lei waar gehalte-onderrig nie meer moontlik sal wees nie. Klik op die skakels vir die datums van die verhore en die skriftelike kommentaar wat AfriForum ingedien het.
https://afriforum.co.za/stop-die-aanslag-op-afrikaans-afrikaanse-skole-en-afrikaanse-kinders/
https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2023/02/Comments-on-the-BELA-Bill-by-AfriForum-2022-06-14.pdf
