AfriForum se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie het vandag in Pretoria afgeskop met ’n opleidingsessie vir laer- en hoërskoolleerders. Albert van Wyk, entrepreneur en skrywer van die boek How to Become a Millionaire at 22 , het wenke aan die leerders gegee om suksesvolle ondernemings te bedryf. Praktiese werkswinkels is ook aangebied om die leerders verder met vaardighede te bemagtig. Inskrywings vir dié kompetisie is reeds oop en sluit op 31 Mei.
