AfriForum Jeug, Solidariteit Helpende Hand Jeug, Solidariteit Jeug en Protek het ’n groentetuin by die Louis Botha Kinderhuis in Pretoria aangeplant om Moederaardedag te vier. Die doel van die tuin is nie net om die kinders van gesonde kos te voorsien nie, maar ook om ’n bewustheid vir die bewaring van die omgewing te skep met ’n volhoubare projek wat die eerste van baie regoor die land gaan wees.
