Die landbouprojek van Thabake Business Enterprise (TBE) net buite Rustenburg vorder nou fluks danksy die onlangse installasie van ’n sonkragaangedrewe besproeiingstelsel wat met die hulp van AfriForum en Saai geïnstalleer is. Altesaam 18 000 sade is reeds geplant en daar word beoog om binnekort nog 15 000 te plant. Dié besproeiingstelsel sal die RBE in staat stel om die lande om die beurt nat te lei en groente in grootmaat te kweek. Ooreenkomste is ook reeds aangegaan om die groente teen ’n wins te verkoop.
