AfriForum het vandag ’n mondelinge voorlegging voor die Gautengse Wetgewer se Portefeuljekomitee vir Infrastruktuurontwikkeling en Eiendomsbestuur gedoen wat die Onteieningswetsontwerp [B 23 – 2020] sterk teenstaan. Sou hierdie wetsontwerp deurgevoer word, kan enige privaat eiendom soos byvoorbeeld motors en selfs iemand se selfoon onteien word, nie net plase of grond nie. Die organisasie is sterk gekant teen hierdie wetsontwerp aangesien dit vernietigende ekonomiese gevolge inhou en menseregte sal skend. Indien hierdie wetsontwerp goedgekeur word, sal dit mense se grondwetlike reg tot privaat eiendom ontneem. Kyk AfriForum se volledige voorlegging hier.
