AfriForum het ’n aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die hernuwing van bestuurslisensiekaarte af te skaf. Dit volg ná die burgerregteorganisasie verskeie klagtes van die publiek ontvang het oor die probleme wat ondervind word om dié kaarte te hernu. AfriForum se regspan het in die hof aangevoer dat die Nasionale Padverkeerswet nie voorsiening maak vir die hernuwing van lisensiekaarte nie en dat die proses as ongeldig verklaar moet word. Uitspraak is voorbehou.
