Forum Nuus: AfriForum gaan Bela-wet enduit beveg 27-10-2023

AfriForum en verskeie ander besorgde organisasies het gister voor die parlement protes aangeteken oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die Bela-wetsontwerp). Enkele ure daarna is dié wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering met 223 stemme teenoor 83 aanvaar. Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, sê daar is egter verskeie stappe wat nog gevolg moet word voordat die wet in werking kan tree en dat dit belangrik is om dit by elke moontlike geleentheid teen te staan. Die regering wil met hierdie wetgewing verskeie magte by openbare skole se beheerliggame wegneem wat ’n groot bedreiging vir moedertaalonderrig en die gehalte van onderwys oor die algemeen inhou. AfriForum gaan voort met voorbereiding vir litigasie teen hierdie wetsontwerp en sal alle moontlike nasionale en internasionale stappe volg om Bela teen te staan.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.